Mel die Storieverteller: Internet Sensasie

In 2023 het nuuskierige gehore opgedaag om te sien hoe internetsensasie Mel die Storieverteller in lewende lywe op ’n verhoog lyk. Nou stroom almal na haar vertonings, want Mel is toe skreeusnaaks in die regte lewe ook (vir mans en vroue). In haar derde komiese eenvrouvertoning, Internet Sensasie, gaan gehore uitvind dat Mel ook kan sing. Mel deel van haar eerstehandse ervarings in die elektroniese oerwoud vol aandagsoekers en liggelowiges: Oor oom Riekert se groot fout, ’n beplande vuisgeveg in ’n taai plek met die naam KuduKraal, hoe “Mel die Storieverteller” ontstaan het en die siekte op haar voorkop.  Die stories is vars, onverwags en bleddie belaglik, maar blykbaar alles waar, wel, so sê Facebook, en ons almal weet wat op die internet staan is ’n feit, maar kan betwyfel word, tensy jy dit wil glo!  

Met: Mel die Storieverteller
Teks en regie: Mel die Storieverteller
Stelontwerp: Imile Wepener en LumenLazer
Kostuumontwerp: Leocé Couture
Verhoogbestuurder: Ronald Welgemoed
Komponis: Peach van Pletzen
Choreografie: Conrad Rust van Replay Dance Centre
Ondersteun deur: Mahindra Silverlakes en H202

Laerskool Mooirivier

Komedie
Afrikaans
Geen o.14 (T)
80 min.

7 Okt. 13:30
8 Okt. 16:30
9 Okt. 16:00

R160, R140 (Hartsvriende)

Scroll to Top