Molly en Wors: Die geheim van ’n suksesvolle huwelik… is ’n geheim

Ná jare se gesmeek en gepleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug! Dié keer op die verhoog!  Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie Esterhuizen dit kan doen. En die tema: Die geheim van ’n gelukkige huwelik is ’n geheim.  Kom knik instemmend kop in herkenning van hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie se werk, is dit humor met hart. Heerlik snaaks, verrassend, warmhartig en dit laat jou goed voel. Saam met Lizz Meiring as Molly, vorm dié twee ’n gedugte span en die vonke spat. 

Met: Willie Esterhuizen en Lizz Meiring
Teks: Willie Esterhuizen
Regie: Pieter Esterhuizen
Kostuums: Hollywood Costumes
Musiek: Toby Esterhuizen
Verhoogbestuurder: Yvette Hanekom
Vervaardiger: Artist Warehouse CC, WESTEL Productions en Lizz Meiring Produksies
Produksiebestuurder: Nelius Ferreira

Ouditorium

Komedie
Afrikaans
Geen o.14 (T)
70 min.

7 Okt. 10:00
8 Okt. 14:00
9 Okt. 13:00

R200, R180 (Hartsvriende, pensioenarisse)

Scroll to Top