Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Bakkies het nog skaars sy laaste asem uitgeblaas of sy jaloerse vrou, Cruella, is daar. Die feite dui op ’n liefdesdriehoek en dis altyd ’n resep vir moord, want Cruella is net oor haar erfporsie begaan. Die ondersoekbeampte, speursers. Wihan Beyleveld, stel vas dat Bakkies vergiftig is. Hy volg die spoor na die lykshuis waar hy met die vreemde opsigter, Klaas van der Broeken, te doen kry en waar daar nuwe vrae na vore kom. Is Bakkies regtig dood en as hy nie is nie, wie is die spook wat op ’n haar na hom lyk, en wie se lyk is in die lykshuis? Maar dis nie al nie: Waar pas PJ die privaat speurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom?
Met: Tobie Cronjé, Ignatius van Heerden en André Lötter
Teks: Braam van der Vyver
Regie en verhoogbestuurder: Lihan Pretorius
Beligtingsontwerp: Tiaan Kirsten-Lubbe
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions
Gimmies
Komedie
Afrikaans
Geen o.12 (T)
75 min.
8 Okt. 09:00
9 Okt. 16:00
10 Okt. 13:00
11 Okt. 13:00 & 19:30
R220, R200 (Hartsvriende)