Dit is die vroeë oggendure in die nadraai van haar nuwe woonstel se daknatmaak. Hy is die laaste oorblywende gas. Die woonstel is ’n gemors en hulle ook… David Eldridge se skerpsinnige toneelstuk is ’n teer ondersoek van moderne verhoudings, met twee beskadigde mense wat aan die einde van ’n partytjie uitreik na mekaar. Dié skerpsinnige stuk – sowel komies as aangrypend – vra vrae oor eensaamheid, bande tussen mense, menslikheid en intimiteit.
Met: Cintaine Schutte en Carel Nel
Teks: David Eldridge
Verwerking/vertaling van teks: Nico Scheepers
Regie en stelontwerp: Tinarie van Wyk Loots
Beligtingsontwerp en verhoogbestuurder: Lize-Marie Wait
Vervaardiger en produksiebestuurder: Cintaine Schutte
Moontlik gemaak deur: Woordfees Stellenbosch
Ondersteun deur: NATi
Gimmies
Drama
Afrikaans
Geen 0.16 (T)
90 min.
7 Okt. 16:00 & 19:00
8 Okt. 16:00
9 Okt. 19:30
10 Okt. 09:00
R200, R180 (Hartsvriende)