Ons ken almal ikoniese karakters soos Sandy Dumbrowski en Danny Zuko (Grease), Fantine en Jean Valjean (Les Misérables), Roxie Hart (Chicago), Cinderella en Rapunzel (Into the Woods) en Eva Perón (Evita), maar wat van die minder bekende, ietwat minder glansryke – maar geensins minder briljante nie – groep vroue wat kan sing, dans of hoogskop in ware Broadway-styl?
Shelly Simon (sang) en Catrien Wentink (klavier) stel gehore aan die “other women of Broadway” bekend.
Daar word hulde gebring aan dié ander vroue van die musiekteaterverhoog; die karakters wat die hoofrolle ondersteun, die storielyne voortstu en elke geliefde musiekblyspel verryk – hetsy as die buitestanders en skurke of moeders, susters en beste vriendinne. Dit is van die interessantste karakters op die verhoog, elkeen met hul eie fassinerende verhale, maar wat dikwels nie die aandag kry wat hulle verdien nie.
Met: Shelly Simon en Catrien Wentink
Teks: Verskeie liriekskrywers en musiekteaterkomponiste
NG kerk Vyfhoek
Kabaret
Engels
Gesin
60 min.
10 Okt. 17:00
11 Okt. 10:00
R150, R130 (Hartsvriende)