Ouma is op pad

Dowwe Dolla se ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het nóg ’n paar dinge om kwyt te raak. Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle. Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma is op pad se opening by die KKNK 2024: “Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ’n staatmaker – op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooit teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komedie-hemel. Ek praat nou van Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.” 

Met: Margit Meyer-Rödenbeck
Teks, regie, komponis en musiekverwerking: Jurgen Human
Musiekregie: Coenrad Rall
Vervaardiger: Arena Produksiehuis

Totius-saal

Komedie
Afrikaans
Geen 0.13 (T)
80 min.

9 Okt. 19:30
10 Okt. 13:00

R200, R180 (Hartsvriende)

Scroll to Top