Daar word beweer die Indiese verhoudingsterapeut Mahesh Maharaj is die beste in die bedryf. Met sy “alternatiewe” metodes kan hy enige verhouding “back on track” kry. Kan Mahesh vir Olivia en Alan help om hul huwelik van 12 jaar te red nadat Olivia vir Alan op die kombuistafel “gevang” het met ’n ander vrou? Hier sit die twee, in die derde van ses sessies, om te “praat” oor hul gevoelens – met skreeusnaakse, dog eerlike gevolgtrekkinge…
Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo
Teks, regie, stelontwerp en beligtingsontwerp: Rafiek Mammon
POK (C6)
Komedie
Afrikaans en Engels
Geen o.16 (T, V)
65 min.
9 Okt. 09:30
10 Okt. 19:30
11 Okt. 13:00
R200, R180 (Hartsvriende)