Vir baie mense was die 1980’s net ’n dekade soos al die ander – die een van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet. Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ’n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ’n Tyd van omwenteling. En ’n tyd wat vrae laat ontstaan het.
Dit is die tyd van PW Botha se vuis, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol uit die Weermag ontslaan, maar hy bring eers ’n besoek aan Saal 24. Werkloos en doelloos beland hy in ’n voormalige bediende se kamer in Pretoria.
Hierdie rou, selfopenbarende memoires vra: Hoe word ’n seun ’n man? ’n Seun wat nie ’n meisie se aandag kan trek nie? ’n Seun nie goed genoeg vir die Weermag nie.
Met: Wilhelm van der Walt
Teks: Johann Smith
Regie, stelontwerp en beligtingsontwerp: Nico Scheepers
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Verhoogbestuurder: Jean du Plessis
Komponis en musiekregie: Kate Borthwick
Vervaardiger: Leftfoot Theatre Productions en Innibos
Moontlik gemaak deur: NATi
Girls High
Drama
Afrikaans
Geen o.13 (T, G, I)
80 min.
7 Okt. 19:00
8 Okt. 09:30
9 Okt. 13:30
10 Okt. 14:00
R200, R180 (Hartsvriende)