Frieda van den Heever se album Spoorsny is in 2024 uitgereik en hou aan om gehore en luisteraars diep te raak. Hierdie produksie is benoem vir ’n Woordtrofee, Fiësta en Kanna as beste kontemporêre musiekproduksie. Tree vir tree verken Frieda die landskap van die lewe en die dood en alles tussenin met haar neus en voete. Sy verweef liedjies oor huil, lag, verlang, verlies en ekstase met gedigte en stories om jou op reis te neem na ’n plek wat jy ken. Sy word op hierdie reis vergesel deur een van ons land se beste musikante. Kom val saam in die pad. Saam-saam gaan ons een voet voor die ander op reis.
Met: Frieda van den Heever en Mauritz Lotz (kitaar)
Teks en vervaardiger: Frieda van den Heever
Totius-saal
Kontemporêr
Afrikaans en Engels
OB
70 min.
7 Okt. 16:00
8 Okt. 18:00
9 Okt. 16:00
R160, R140 (Hartsvriende