Louw keer vanuit Londen terug na sy gesin se kleinhoewe ná die skielike dood van sy jonger broer, Schalkie. Hul pa, Gert, woon nou alleen op die kleinhoewe. Louw was nege jaar laas by die huis en is verbaas om te sien hoe vervalle dit is. Ou wonde tussen pa en seun word oopgekrap soos hulle óm dinge praat, vingerwys, mekaar toets en manipuleer, gemeenskaplike terrein probeer vind, en hul gesin se geskiedenis probeer vermy. ’n Enorme stinkhoutboom is ’n dekades lange getuie van alles wat op dié lappie grond gebeur het. ’n Storie oor ’n gesin, ’n boom, grond, diepgesetelde pyn, en die finaliteit (al dan nie) van die dood. ’n Storie oor ’n pa en seun wat moet rekenskap gee van hul verlede, maar sukkel om mekaar te vind. Wenner van vier Momentum Aardklop-pryse in 2024, insluitend beste toneelaanbieding en beste akteur (Opperman); ’n kykNET Fiësta vir beste nuwe teks (Rademeyer) en drie verdere benoemings;
en wenner van ’n KKNK Kanna vir beste akteur (Van der Walt).
Met: Frank Opperman en Wilhelm van der Walt
Teks, regie en stelontwerp: Philip Rademeyer
Verhoogbestuurder: Andi Colombo
Vervaardiger: ’n Ko-produksie tussen Momentum Aardklop, die KKNK en Suidoosterfees
Moontlik gemaak deur: AK21, met ondersteuning van NATi, die FEC en die Jobs Fund
Elgro Hotelsaal
Drama
Afrikaans
Geen o.16 (T/I)
90 min.
7 Okt. 14:00
8 Okt. 14:30
9 Okt. 19:30
10 Okt. 09:30
11 Okt. 19:30
R220, R200 (Hartsvriende)