Vier seisoene kind volg die reis van Lee-Monet Verloren van Themaat, eens ’n kinderster wat met ’n Oreo-advertensie die land verower het. Maar net voor haar 40ste verjaarsdag besef sy dat haar akteursloopbaan so stowwerig is soos ’n grondpad ná jare se droogte. Haar wêreld begin uitmekaar spat, soos ’n blender vol gemors sonder ’n deksel. Sy soek nuwe paaie, maar die pad lyk eensaam – en tog besef sy dat eensaamheid soms net ’n keuse is, met die hulp van ’n kakkerlak of twee. Vier seisoene kind is die storie van ’n vrou wat deur seisoene van ontnugtering en herontdekking beweeg. Van die brandende somer van haar drome tot die koue winter van haar eensaamheid. Met ’n nuwe lente wat vir haar wag, vind sy haarself op ’n koers wat nie net oor oorlewing gaan nie, maar oor die moed om weer op te staan.
Met: Je-ani Swiegelaar
Teks, stelontwerp en vervaardiger: Luan Jacobs en Je-ani Swiegelaar
Regie: Luan Jacobs
Verhoogbestuurder: Rehbart Geldenhuys
POK (C6)
Tragikomedie
Afrikaans
Geen 0.10 (T)
75 min.
7 Okt. 09:30
8 Okt. 13:00
9 Okt. 19:30
10 Okt. 16:30
R150, R130 (Hartsvriende)