Vanuit die feeskantoor
Op 27-jarige ouderdom is Aardklop nou ’n volwaardige
jong volwassene met lekker kultuurgeite en warm emosies – en vasbeslote om wasdom te bereik.
Die Noordwes- Universiteit deel haar opgewondenheid en passie vir die kunste, kreatiwiteit en lewendige interpretasies van ons samelewing.
Tussen 7 en 12 Oktober arriveer Momentum Aardklop in Potchefstroom vir dié jaarlikse hoogtepunt op ons kunste-kalender. Vir die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit is gehalte en uitnemendheid uiters belangrik, en Momentum Aardklop deel ook hierdie visie met ons. Daarom is dit vir ons lekker om met hiérdie fees vereenselwig te word.

Prof. Daryl Balia, Voorsitter: Aardklop-direksie
We also share in Momentum Aardklop’s excitement and passion for the arts, its creativity and lively interpretations of our society. This year, the partnership between Momentum Aardklop and the North-West University is further strengthened by the fact that numerous productions are presented in facilities of the NWU’s Potchefstroom Campus. Momentum Aardklop, once again welcome in our midst as we celebrate our longstanding partnership of 27 years.
Welkom ook aan al die besoekers aan Potchefstroom, en in die besonder die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Met die ontstaan van Aardklop in 1998, was die NWU se betrokkenheid hoofsaaklik op die gebied van die verskaffing van fasiliteite en hulp met die oorhoofse organisasie. Soos wat die fees ontwikkel het, het die NWU se betrokkenheid daarby gegroei. Vandag is die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit ’n belangrike spanmaat, vennoot en gasheerborg van die fees.
Once again welcome to the 2025 Momentum Aardklop National Festival – the annual highlight on our arts calendar! Amogelesega gape mo moletlong wa 2025 Momentum Aardklop National Arts Festival – moletlo wa ngwaga le ngwaga o o tlhomologileng mo khalendareng ya rona ya botsweretshi!
Sterkte aan die bestuurspan en direksie met die 2025-fees. Dankie aan die NWU-personeel en -studente vir hul betrokkenheid en ondersteuning.
Dis die jaar van Momentum Aardklop 2025, die jaar van gróót KUNSskierigheid oor wat ons gaan aanvang en aanvuur!
Nataniël en Charl du Plessis is só KUNSdriftig hieroor dat hulle spesiaal vir ons NATANIËL + CHARL: 25 skep.
Dis ook die jaar waarin ons gepas hulde bring aan van Suid-Afrika se grootste dramaturge en digters ná hul afsterwe.
Athol Fugard is in Maart in die ouderdom van 92 oorlede. Sy ikoniese Boesman en Lena is in Afrikaans vertaal deur Vinette Ebrahim. Dit is ’n viering van die krag en weerbaarheid van die menslike psige, en ons universele neiging tot hoop en behoefte aan meelewing en menslikheid. Met Lee-Ann van Rooi en Brendon Daniels. Christo Davids as regisseur volg sy veelbekroonde Laaitie mettie biscuits met hierdie debuutproduksie op.

Alexa Strachan, Momentum Aardklop
Die geliefde Breyten Breytenbach, wat einde 2024 oorlede is, word gevier in ’n musiekteaterdebuut, Belofte van vere. Ook aan die woord, by wyse van spreke, is sy dogter, Daphnée Breytenbach, in gesprek met haar pa. Dit is ’n intieme blik op die verhouding tussen ’n pa en dogter, te midde van al die verwikkeldheid rondom sy wêreldwye roem, berugtheid, aktivisme en taaldebatte. Ons beleef Breyten op sy beste, die allemansdigter wat tot die menigte kon spreek in gedigte soos “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif”. Met onder andere Rolanda Marais, Eben Genis, Ilse Klink, Schalk Joubert, David Klassen, Leon Gropp en Laurinda Hofmeyr. Anna Davel is die artistieke regisseur, met spelleiding deur Philip Rademeyer.
Soos altyd is daar ook allerlei nuwighede, soos Charl du Plessis se Surf & Turf, ’n vergrote aanbod vir kinders – van meer kinderteaterproduksies tot die LAPA Lekkerleesminuut by die kinderarea op die feesterrein.
En dan moet ’n mens seker die minder geesdriftige (manlike?) kunstefeesganger ook nader hark. Ons nuwe motorsportgesprekke met onder andere Voetspore se Johan Badenhorst en renjaer Paige Lindenberg (wat sommer die opvattings oor vrouens se bedenklike bestuursvermoë verkeerd bewys) behoort die ding te doen!
En vir die feesterreingangers: Julle kan uitsien na onder andere Elandré, Die Heuwels Fantasties, Bernice West, Prime Circle en Die Piesangskille. Ricus Nel kom deel ’n hardekool, so laat die feesvure hoog brand!
En onthou: Wees liefs ’n Early B en koop jou kaartjies gou.
Sien jou by Momentum Aardklop, want niémand fees wat óns fees nie!
Boodskap vanaf Franzö Friedrich - Momentum Beleggings
Momentum Beleggings het die laaste drie jaar as naamborg die pad saam met die Aardklop-kunstefees gestap. Toe ons daardie eerste jaar die fees saam met Alexa en haar span in drie stede beleef het, net na die inperkingstyd van die Covid-pandemie, sou ons nooit kon dink dat die fees só sou groei en talle mense in Noord-Wes, Gauteng en die Vrystaat sou raak nie.
Elke jaar was ‘n nuwe belewenis, met Potch weer die laaste twee jaar die setel van die kunste in die noorde. Ons het saam gelag, gehuil en ge-boogie by die teaters en die feesterrein en vele vriende op hierdie reis gemaak. Dit is dus vir my persoonlik ‘n effense bittersoet oomblik dat Momentum Beleggings nie alleen meer die naamborg kan wees nie, maar ek weet ook dat ons met die ondersteuning van die hele Momentum Groep hierdie jaar dit ekstra spesiaal kan maak.

Fränzo Friedrich, Momentum Beleggings
Momentum Beleggings Aardklop was altyd meer as ‘n mondvol, dus rol die nuwe Momentum Aardklop nogal lekker van die tong af. Ek is persoonlik al meer as 26 jaar werksaam by die Momentum Groep en ons kultuur van omgee en hoe ons belê in ons mense en die gemeenskappe wat ons dien, is een van die redes hoekom ek elke dag met blydskap werk toe gaan.
Aardklop het momentum opgebou gedurende hierdie laaste drie jaar en met hierdie nuwe verwikkeling gaan Momentum Aardklop net voortbou daarop. Ons sien uit daarna om ons kollegas aan almal hier voor te stel gedurende die fees en te bou op die diep verhoudings wat reeds bestaan.
Alhoewel daar ‘n tipe bloudruk en strategie bestaan wat deur Alexa en span
bewimpel is, is elke Aardklop uniek en is daar nuutskeppings, nuwe gesigte op die verhoog en verrassende nuwe aanslagte met produksies. Ons is baie opgewonde om te sien wat hierdie jaar se program behels en om saam met almal te kuier.
Ek wil ook net hierdie geleentheid gebruik om vir ‘n paar van my spanlede dankie te sê vir hul passie, toewyding en harde werk die laaste paar jaar. René, Jonathan en die span van Siyanda, baie dankie vir die energie en toewyding. Julle sou nooit kon dink julle sou so ingeslurp raak in die Afrikaanse kultuurwêreld nie, of hoe?
Kom ons laat die Aarde Klop met Momentum in 2025!
Boodskap vanaf Henriëtte Loubser - Netwerk24
Wat ’n voorreg vir Netwerk24 om ’n hoofborg van Aardklop te wees. Die feesgangers is immers deel van ons noordelike lesersgemeenskap vir wie Netwerk24 sewe dae per week heeldag lank van nuus bedien.
Ons sterk redaksiespanne in Johannesburg en Pretoria en ons heeltydse joernaliste in Potchefstroom, Polokwane en Mbombela vertel die stories wat saakmaak in Aardklop-feesgangers se woonbuurte, dorpe, stede, land en wêreld.
Dis ’n gemeenskap wat ons op die hart dra en saam met wie ons graag die Afrikaanse kultuur in alle fasette vier.
Aardklop het die kuns van fees vervolmaak en vanjaar se program weerspieël dit. Vir ’n beter keur van produksies wat jou gaan laat voel en verbeel, laat dink, betrag en kalibreer kan ’n mens kwalik vra.

Henriëtte Loubser, Netwerk24
Die goue draad wat deur alles loop, is die menslike ervaring – om deur die kunste bande met mekaar te smee wat verby woorde strek; om met groter medemenslikheid met mekaar om te gaan.
Dit word ook gekweek deur die sommerso-kuier en -raakloop van plek tot plek op die feesterrein! Hier doen Netwerk24 ons deel met die Netwerk24-feeskafee waar jy kan kom skoene uitskop.
Ons spesialis-joernalis Mia Spies en politieke redakteur, Gert van der Westhuizen, help op Aardklop voorvat met diskoersgesprekke oor belangrike kwessies van die dag – net so meesterlik soos wat hulle dit op www.netwerk24.com doen.
Ons sien daarna uit om hierdie kreatiewe hartklop van die Noorde saam te ervaar en om ons taalgoedere en ’n konstruktiewe samelewing te help bou.