Jonathan Morris, Michael Behr en MC Botha in gesprek met Lourensa Eckard.
Jonathan Morris (Confessor Cop) gesels met MC Botha (Dienaar van die waarheid) oor hoe moeilike sake opgelos kan word deur empatie te gebruik. Met ‘n suksessyfer van 99% het kapt. Morris hoëprofielsake soos die Jimmy Maketta-reeksmoorde en die Sizzler’s-slagting aangepak. Michael Behr ondersoek in hierdie memoir die persoonlike tol wat Morris se loopbaan geëis het. MC Botha skryf in Dienaar van die waarheid oor die loopbaan van regter André Stephan Botha wat in die 1970s op die spel geplaas is toe sy dogter verlief raak op ‘n beskuldigde in ‘n sogenaamde terroristeverhoor en die Buro vir Staatsveiligheid genoodsaak is om in te gryp.
Nie-fiksie, Tafelberg & Turksvy
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.
9 Okt. 15:30
Gratis