Daniel Hugo, Jakes Moller en Maritha Broschk gesels met Marlene Malan.
Maritha Broschk se debuutdigbundel, wanneer woorde asemhaal, was op die kortlys van die Eugene Maraisprys van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Wat is jou enigste troos in die lewe en in sterwe? In Kategismus probeer Daniel Hugo dié vraag op sý manier beantwoord. Wat die lewe vir hom draaglik maak en troos verskaf, is die digkuns.
Koorsboom is Jakes Möller se debuut as digter. Hy skryf met die fyn waarneming van ’n wetenskaplike oor die mens, die natuur en die heelal. Marlene Marlan gesels met die drie digters oor hulle nuutste werk.
Poësie, Turksvy
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
45 min.
11 Okt. 10:30
Gratis