My jaar van vrees en vryheid

Marita van der Vyver in gesprek met Hannes van Wyk.

Toe Covid-19 die mat onder Marita van der Vyver en haar Fransman se voete uitruk en hulle noodgedwonge hul groot ou huis op die Franse platteland moes verkoop, besluit hulle om die meeste van hulle aardse besittings ontslae te raak en te gaan reis. My jaar van vrees en vryheid is ’n verhaal oor die sprongjaar in Marita van der Vyver se lewe. In hierdie reis, wat oor drie vastelande strek, word ’n hele leeftyd se herinneringe van een van Afrikaans se heel grootste skrywers ontgin. Want soms moet mens baie verloor, en ook bereid wees om self verlore te raak, voor mens regtig vryheid kan wen.

Biografiese reisverhaal, Tafelberg

ATKV-Boeke-oase, The Roots

Gesprekke
Gesin
60 min.

10 Okt. 15:30

Gratis

Scroll to Top