Luna Paige sing oor die “groot reis” en die immer ontwykende eindbestemming. Sy verken ruimtes waar beweging, stilte van gees, selfliefde en aanvaarding harmonie bring. In Die reisigers stel sy gehore bekend aan die musiek wat sy tydens haar Suid-Afrikaanse én Europese reise, onder meer die Spaanse Camino, geskryf en by die huis getoonset het. As anonieme voyeur het sy soms wel in gesprek getree en saam gewonder oor die groot verskille, maar, belangriker, oor die groot ooreenkomste wat alle reisigers op hierdie wonderbaarlike planeet aan mekaar bind.
Met: Luna Paige
Teks, musiek en lirieke: Luna Paige
Girls High
Kontemporêr
Afrikaans
OB
75 min.
9 Okt. 20:00
10 Okt. 10:00
R160, R140 (Hartsvriende, pensioenarisse)