Wie geniet nie ’n lekker “road trip” nie? Die gevoel van vryheid soos jy die stad verlaat en die motor se bande wat bollemakiesie op die teerpad. Die betonoerwoud verdwyn in die niet, en die sonneblomlanderye glimlag geel. Maar die belangrikste – die musiek! Die uitbundige sang van jou gunstelingsanger; die strelende deuntjie wat jou ’n traan laat wegpink. Die “beats”. Die “road trip”. Die Road Trip Rhythms.
Kom luister na ’n opwindende kombinasie van marimba, slaginstrumente en klavier, en vind jóú gunsteling-“road trip rhythm”.
Met: Magdalena de Vries en Jannie le Roux
Musiekregie en vervaardiger: Magdalena de Vries