Klassiek 2024

Megan Geoffrey Prins & Tinus Botha: Key Connections

In hierdie opwindende tweeklavier-uitvoering kan feesgangers uitsien na die tydlose melodieë en opruiende ritmes van Arnold van Wyk, Tsjaikofski en Kapustin. Van Wyk se Improvisasies op Nederlandse volkswysies is ’n jeugdige en toeganklike werk wat die pianistieke moontlikhede van die volkswysies vindingryk ontgin. In sy Romeo en Juliet-fantasie-ouverture pluk Tsjaikofski aan die hartsnare met roerende […]

Megan Geoffrey Prins & Tinus Botha: Key Connections Read More »

Die groot finale

Hierdie besondere opera-konsert bied ’n uitsonderlike ervaring met opwindende musikale finales en hoogtepunte van meesters soos onder andere Mozart, Haydn, Verdi en Wagner. Die soliste en koor sluit personeel en studente van die Noordwes-Universiteit se Skool vir Musiek in. Onder leiding van Conroy Cupido, bekwame musikale direkteur en dirigent, beloof hierdie produksie ’n onvergeetlike aand.

Die groot finale Read More »

Kersfees by Aardklop

Dit is werklik die wonderlikste tyd van die jaar! En vanjaar is dit Kersfees by Aardklop! Kom vier die einde van een fees met ’n effens vroeë viering van ’n ander. Sluit aan by die NWU Simfonieorkes vir ’n wonderlike konsert met al jou Kersfees-gunstelinge, van “Joy to the World” en “Silent Night” tot “Rudolph,

Kersfees by Aardklop Read More »

Scroll to Top