Komedie 2024

Marion Monroe

“What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Aldus Shakespeare. So is Marion Holm steeds Marion Holm al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? En as Marion ophou om ’n aktrise te wees en soms van […]

Marion Monroe Read More »

Marianne Thamm: Suid-Afrika – vuisvoos maar nog regop, herlaai!

Jy mag dalk dink die politiek in Suid-Afrika is niks om oor te lag nie, maar maak jou gereed vir Marianne Thamm se skreeusnaakse en insiggewende satiriese komedie, waarin sy skerpsinnig uitpluis hoe die land staatskaping oorleef het. Thamm is ’n vooraanstaande ondersoeke joernalis, rubriekskrywer, skrywer en ’n spitsvondige waarnemer. Sy kyk na wat verkeerd

Marianne Thamm: Suid-Afrika – vuisvoos maar nog regop, herlaai! Read More »

Die Van Vuurens vat vlam

Sterna van Vuuren het lank oorsee gewerk. Haar broerskind, die jong wetenskapstudent Bernadette van Vuuren, bly intussen in haar “townhouse”, gratis en verniet. Sy moet natuurlik die plek versorg en netjies hou. Die tante-en-niggie-verhouding is maar plofbaar. Daar is ’n kinkel in die kabel, of is dit nou ’n fungi in ’n bottel. . .? Want nou

Die Van Vuurens vat vlam Read More »

Mel die Storieverteller: Dik deurmekaar

Met ’n Netwerk24 Smaakmaker-benoeming vir beste komediant en ’n Bokkie-benoeming vir beste vertoning is Mel die Storieverteller waarskynlik een van die grootste deurbraakkomediante van ons tyd. Van internetsensasie na verhoogsensasie laat sy gehore lê soos hulle lag. Dik deurmekaar is haar tweede komiese stuk wat die grense tussen “stand-up”-komedie en ’n verhalende solovertoning laat vervaag.

Mel die Storieverteller: Dik deurmekaar Read More »

Reünie

Dit is dieselfde skoolsaal, maar 43 jaar later by die reünie van die 1980-matriekgroep. Adam Boshoff tree as verteller op, maar deur die loop van die aand kry verskeie klasmaats ’n beurt agter die mikrofoon om hul sê te sê. Lank terug het almal saam ’n tragedie beleef wat hulle nou vir die eerste keer

Reünie Read More »

Verkleurvroutjie

Ilne Fourie is terug en hierdie keer met ’n splinternuwe solovertoning – Verkleurvroutjie! Fourie (bekend vir haar suksesvolle komedies Laerskool Noord, Sjarrap en eet jou kos! en die rol van die koshuismoeder, Tannie Adri, in die Showmax-reeks Wyfie) skakel met gemak oor van een genre na ’n ander. Sy laat die gehoor kies uit die

Verkleurvroutjie Read More »

Ouma is op pad

Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ’n paar dinge om kwyt te raak. Ouma kom van Garies, en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ’n formidabele

Ouma is op pad Read More »

Scroll to Top