Vrydag, 27 September

Noorman

Dit is die kind, Louisa, wat sy lewe red as hy in die kloof skuiling soek na daardie vreesaanjaende aand. Louisa doop hom “Noorman” by die watervalle, waar sy hom van sy vorige lewe as skeepskaptein en soldaat in die Eerste Wêreld-oorlog probeer bevry. Mettertyd word Louisa en die ander inwoners van die omgewing, ’n …

Noorman Read More »

Jan, Piet, Koos en Jakob

Dié derde bundel ontgin opnuut bekende temas uit die digter se oeuvre: verbruikerskultuur, manlike identiteit, tuis/ontuis wees in Suid-Afrika, dikwels met ’n vlymskerp humorsin en ’n nog skerper visuele ingesteldheid. Die verse word saamgeryg in ’n eenheid wat neig na ’n naamlys, na ’n portretuitstalling en selfs na ’n register van herinneringe. Met Loftus Marais …

Jan, Piet, Koos en Jakob Read More »

Wit Wolf

Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite in Worcester geplant het. Vier mense sterf in dié verwoestende ontploffings. Hierdie geharde lid van die Wit Wolwe word tot 40 jaar tronkstraf gevonnis, waar sy pad kruis met wit en swart bewaarders, bendelede …

Wit Wolf Read More »

Poenankies – ’n Versameling kinderstories deur bekendes

Die aktrise en kinderboekskrywer, Milan Murray, het ’n paar bekende Afrikaanse kunstenaars genooi om saam met haar ’n bundel kinderverhale en -verse vir ses- tot negejariges saam te stel. Met Jana Cilliers, Gielie Hoffman, Marisa du Toit en Milan Murray Gespreksleier Rozanne McKenzie Vrydag 27 September, 15:00

’n Nuwe hoofstuk in staatskaping – Bosasa

Terwyl Suid-Afrikaners nog tot hul sinne moet kom oor die Gupta-staatskaping, tref die volgende bom ons land: Bosasa – grootskaalse korrupsie wat die belastingbetalers miljarde uit die sak gejaag het. Fluitjieblaser Angelo Agrizzi en Bosasa-baas Gavin Watson het vinnig huishoudelike name geword wat aangrypende verklarings voor die Zondo-kommissie gelewer het. Met Paul Vecchiatto; Gespreksleier TJ Strydom …

’n Nuwe hoofstuk in staatskaping – Bosasa Read More »