ATKV-Boeke-Oase

Vervleg

Petro Hansen se rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ’n plattelandse atmosfeer. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger en Beeld rubrieke. Verskeie van haar artikels is ook in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Met Petro Hansen en Deborah Steinmar (gespreksleier) 13:30

Smit Motors

Réney Warrington ondersoek temas van medemenslikheid en familie. Sy vra hoekom daar neergekyk word op vrouens wat besluit om nie kinders te hê nie. Waarom ook staan ons terug wanneer kinders verwaarloos word en wat beteken die konsep van familie nou eintlik? Met Réney Warrington en Johan Jack Smith (gespreksleier) Dinsdag 24 September, 15:00

SABC 8

Wanneer die twee-en-dertigjarige joernalis, Suna Venter, in 2017 dood in haar woonstel gevind word, is die nasie geskok en ondersoekers oorbluf. Om te verstaan waarom haar dood soveel vrae laat, is dit nodig om op haar en sewe ander joernaliste se spore terug te stap. In 2016 het agt joernaliste opgestaan teen die sensuur wat …

SABC 8 Read More »

Sushi en shosholoza

Erns Grundling reis na Japan, die land waar die Rugbywêreldbeker 2019 plaasvind, om ’n nuwe Elders-reeks te gaan verfilm. Tussen pelgrimstogte soos die Kumano Kodo, die uitklim van Mount Fuji en onderhoude met SA-rugbyspelers, kry lesers terugflitse na Erns se jeug. Van ’n laaitie wat OP se wedstryde op die ou Boet Erasmusstadion ademloos volg, …

Sushi en shosholoza Read More »

Soekmekaar

’n Stuk of vyftig stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n veertigste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugène Terre’Blanche en van die Bogosigesin van Ventersdorp wat later by hom op Jacobsbaai om woon. Hy vertel hoe mense oor alle grense na mekaar probeer uitreik, hoe ons mekaar soek en …

Soekmekaar Read More »

Hond se gedagte

Fleur de Villiers is nie ’n rugbykenner nie. Wanneer haar pel Maurice Kumalo haar vra om ’n biografie oor die Springbokrugbykaptein Katstert Nel te skryf is sy teësinnig. Haar voorliefdes is immers die fynere dinge in die lewe. Maar daar wag ’n groot verrassing op Fleur. In die domein van Jaap Schvantz en sy eggenoot …

Hond se gedagte Read More »

Wit Wolf

Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite in Worcester geplant het. Vier mense sterf in dié verwoestende ontploffings. Hierdie geharde lid van die Wit Wolwe word tot 40 jaar tronkstraf gevonnis, waar sy pad kruis met wit en swart bewaarders, bendelede …

Wit Wolf Read More »

Is die storie van Afrikaans nog relevant?

Die boek kyk opnuut na Afrikaans se veelkantige herkoms: die Europese geskiedenis én veral Afrikaans se Afrika-herkoms. Vanaf die opbouproses sedert die 17de eeu tot amptelike taal-erkenning in 1925, die ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu en die ongelukkige apartheidsverlede en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Die wit verlede van Afrikaans word aangevul …

Is die storie van Afrikaans nog relevant? Read More »

Liefde agter tralies

Johann Nel, die Skierlikmoordenaar, gevonnis tot 168 jaar gevangenisstraf, vind ’n bruid en hulle het ’n swierige troue. Hy is nie alleen nie. Diewe, geweldsmisdadigers en selfs moordenaars vind liefde agter tralies. Topverkoper Carla van der Spuy gesels met die sulkes wat liefde vind en aan die lewe hou. In samewerking met forensiese sielkundiges word …

Liefde agter tralies Read More »