Dinsdag, 24 September

Die intermissie

Die Intermissie is ’n kort maar aanhoudende sketskomedie. Die meeste mense wat dit sien beskryf dit as ’n gesaghebbende bron tot kommer; beter as Bakgat 2; die kuur vir depressie, brongitis en verwante siektes; asook net-net bogemiddeld. Meeste van hierdie akteurs ken ten minste hulle woorde en hulle beloof dat dit minstens ’n vergeetlike ervaring …

Die intermissie Read More »

Die Pomporrelkonsert

Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld se eiesoortige karakters geskryf. Hy het ’n gawe gehad om die spreektaal perfek neer te pen. Geïnspireer deur Johny Klein se gewilde RSG-voorlesings. Met: Johny Klein Teks: Ferdinand Deist Verwerk deur: Frans Swart Verhoogbestuur: Johan van de Reede Regie: Frans Swart Vervaardiger: Lefra Kommunikasie en Bemarking Ondersteun …

Die Pomporrelkonsert Read More »

Die roadtrip

Jaco en Belarus is op pad. ’n “Roadtrip” van Suid na Noord om bietjie weg te kom van alles: wederhelftes, kinders, troeteldiere en werk. Die vryheid van die oop pad lê voor sonder enige verpligtinge, sorge en skuldgevoelens. Maar die lewe is nie meer so eenvoudig soos 20 jaar gelede nie. Dinge rafel vinnig uit …

Die roadtrip Read More »

Die voordele van eierwit

Kyk… as daar nou één dag is waarop dié twee susters nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag. Daar is ’n duisend dinge… mans, kinders, afslagkopies by Checkers, huise om te verkoop… en Pa se woonstel. Ons is almal so gewoond aan die hedendaagse gejaagde lewe, maar …

Die voordele van eierwit Read More »

Donkie

Barry Swart is die 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool. Sy bynaam is “Donkie”. Mnr Swart is ’n man onder ernstige druk. Daar was ’n berig in ’n Sondagkoerant oor hoe die eens trotse Hoërskool Hans Oosthuizen besig is om agteruit te gaan. Die leerlinge se akademiese prestasies is nie …

Donkie Read More »

Dowwe Dolla – Nou of nooit!

Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis. Eskom se volgende reddingspakket is ’n geskenkpakkie met Blitz en Charcoal daarin. Woolies verkoop hiëna-vriendelike heuning. Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ’n uitgerekte kuier……… wat sekerlik beteken Suid-Afrika is …

Dowwe Dolla – Nou of nooit! Read More »

Klikkerland

Die lewe is tog so swaar en ernstig! Kom lag, speel, sing en dans ’n keer eerder saam met Klikkerland. Tussen al die absurde misverstande wat plaasvind, die lagwekkende poetse wat gebak word en al die pret en plesierigheid leer ons ook hoe om diep emosies te hanteer. Met: Quintin van Biljon, Alexander Venter, Melissa …

Klikkerland Read More »

halfSES vir SESuur

halfSES vir SESuur is ’n hiper realistiese toneelstuk waar die gehoor saam met die geselskap aan tafel sit. Die repetisie voor die vertoning, IS die vertoning. Gryp ’n stoel en word deel van die spel. Met: Stephanie Maria Gericke, Llandi Beeslaar, Magdaleen Groenewald Stelontwerp, teks en regie: Llandi Beeslaar Verhoogbestuur: Llandi Beeslaar en Magdaleen Groenewald …

halfSES vir SESuur Read More »