Woensdag, 25 September

ALTEmit Acappella

Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette Viljoen (Anderkant nêrens se mense, God die digter, KROG), Olga Leonard (’n Eeu van Eybers, KROG), Hilandi du Toit (Gesnaarde Gedigte, KROG) en Grethe van der Merwe (Ver van hier, Jy weet). Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit …

ALTEmit Acappella Read More »

Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy verweef die musiek oudergewoonte met stories en herinneringe. Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae tot musiek. Haar …

Amanda Strydom – Miss Mandy Read More »

CH2 & The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse Dansers

Kom beleef Suid-Afrika se eie veelbekroonde virtuoso-kitaarduo, CH2, soos jy hulle nog nie gesien het nie! In ’n unieke produksie met vuurdansers. Tydlose treffers soos Vyfster, Volare, Tussen Treine en verskeie snitte uit hulle nuutste internasionale album, Starstruck, en vele meer. Uitverkoop by Aardklop 2018 en op SABC 2 vertoon. Met: CH2, The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse …

CH2 & The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse Dansers Read More »

Charl du Plessis – Solo

Charl du Plessis debuteer met sy heel eerste soloklavierprojek. Sedert sy professionele debuut 20 jaar gelede, tree Du Plessis saam met verskeie sangers op, vorm sy eie trio en tree as solis op vir plaaslike en internasionale orkeste. Soloklavier is egter sy eerste liefde. Hy ondersoek die binnewêreld van sy eie komposisies, improvisasies en herinneringe. Klassieke en populêre …

Charl du Plessis – Solo Read More »

Jannie du Toit – Oesjaar

Jannie du Toit bly na vyf dekades steeds relevant. Sy splinternuwe liedjies bevat uiteenlopende temas: ’n Huldeblyk aan Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in Melville, die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie, ’n huldeblyk aan Madiba, en ’n liefdeslied aan sy vrou, Therina, met wie hy in 2018 …

Jannie du Toit – Oesjaar Read More »

Shirley Bassey – Diamonds are Forever

’n Viering van die ongelooflike musiek opgeneem deur Shirley Bassey. SAMA-wenner, Anna Davel, sing groot treffers uit hierdie diverse en sielvolle sangeres se repertoire, asook haar eie persoonlike gunstelinge. Ghoema-wenner pianis en vervaardiger Jaconell Mouton trek vir bekende liedjies ’n nuwe baadjie aan. Sien uit na treffers soos Big Spender, I am what I am …

Shirley Bassey – Diamonds are Forever Read More »

Van Bach tot Bohemian Rhapsody

Koormusiek in Suid-Afrika floreer op nasionale en ook internasionale vlak. Kore uit verskeie dele van ons mooi land het talle goue medaljes ingepalm tydens verlede jaar se tiende wêreld-koorspele in Tshwane. Die NWU PUK-Koor het Potchefstroom verteenwoordig op dié internasionale verhoog en het twee goue medaljes huis toe gebring. Kom geniet goeie koorsang met musiek …

Van Bach tot Bohemian Rhapsody Read More »