Vrydag, 27 September

ALTEmit Acappella

Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette Viljoen (Anderkant nêrens se mense, God die digter, KROG), Olga Leonard (’n Eeu van Eybers, KROG), Hilandi du Toit (Gesnaarde Gedigte, KROG) en Grethe van der Merwe (Ver van hier, Jy weet). Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit …

ALTEmit Acappella Read More »

Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy verweef die musiek oudergewoonte met stories en herinneringe. Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae tot musiek. Haar …

Amanda Strydom – Miss Mandy Read More »

Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite

Coenie de Villiers en sy musikante begin met komposisies uit sy skitterende album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Hierna volg die oorspronklike Karoo-suite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene. Deon Meyer se wonderskone teks belig die mense, die stories en persoonlikheid van die Karoo. Sy asemrowende fotografie en projeksies voltooi as agtergrondtafereel hierdie multimedia …

Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite Read More »

Jannie du Toit – Oesjaar

Jannie du Toit bly na vyf dekades steeds relevant. Sy splinternuwe liedjies bevat uiteenlopende temas: ’n Huldeblyk aan Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in Melville, die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie, ’n huldeblyk aan Madiba, en ’n liefdeslied aan sy vrou, Therina, met wie hy in 2018 …

Jannie du Toit – Oesjaar Read More »

My Miriam Makeba Story

Die Kanna-wenner Sima Mashazi het die rol van ’n jong MiriamMakeba vertolk in die internasionale musiekblyspel, Mama Africa. Hierdie produksie bring hulde aan ’n historiese figuur wat bekend was vir haar vermoë om die werklikheid met haar lirieke te verweef, om massas te inspireer en nuwe hoop te gee te midde van haar eie worstelinge …

My Miriam Makeba Story Read More »

’n Non, ’n Prins en ’n Spook stap in ’n kroeg!

’n Program met gewilde musiek uit Broadway-teatergunstelinge: onder meer musiek uit The Phantom of the Opera, Les Misérables, West Side Story, The Sound of Music en Wicked. Conroy Cupido (dubbele Fiëstas-genomineerde) lei die sterbelaaide sanggroep, met Magdalene Minnaar wat as gaskunstenaar die gehoor betower. Begelei deur ’n orkes van 22 lede. Met: Conroy Cupido, Magdalene …

’n Non, ’n Prins en ’n Spook stap in ’n kroeg! Read More »

O, my Folk!

’n Viering van moderne liedjies uit die Afrikaanse folk-musiek genre. Koos Kombuis het baie myle gereis sedert die Voëlvry-beweging van die tagtigerjare. Sy pad kruis hier met Kortpad-reisigers langs ’n nuwe moderne teerpadroete. Johrné van Huyssteen beman die verversingspos by hierdie besondere kruising. Met: Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band, Johrné van Huyssteen Musiekregie: …

O, my Folk! Read More »

Radio Kalahari Orkes

RKO se musiekwortels lê diep, en vind uitdrukking in die vorm van Ghoema-, Latynse en Africana-musiek, en enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Met akoestiese toerusting amper so oud soos hulle leuse, speel die klanke saam in harmonie: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, kazoo en ’n ou Fender Telecaster. Met: Ian …

Radio Kalahari Orkes Read More »