Vrydag, 27 September

Dowwe Dolla – Nou of nooit!

Die Kalf is in die Put, Cyril is in die Middel, maar Ace is nog in die Kombuis. Eskom se volgende reddingspakket is ’n geskenkpakkie met Blitz en Charcoal daarin. Woolies verkoop hiëna-vriendelike heuning. Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir ’n uitgerekte kuier……… wat sekerlik beteken Suid-Afrika is …

Dowwe Dolla – Nou of nooit! Read More »

FrAgMeNt

Nina lewe in ’n wêreld wat oorheers word deur sosiale media se valsheid en leuens. Sy vind waarheid in digkuns en probeer só haar vryheid en identiteit vind. Met: Luandri Reynders, Ilke König, Zoë Hare Stelontwerp: Hankah Ras, Jesse Fourie Verhoogbestuur: Jesse Fourie Regie: Hankah Ras Vervaardiger: Hankah Ras, Zoë Hare ATKV-Heimat Saal, 25 Sept …

FrAgMeNt Read More »

halfSES vir SESuur

halfSES vir SESuur is ’n hiper realistiese toneelstuk waar die gehoor saam met die geselskap aan tafel sit. Die repetisie voor die vertoning, IS die vertoning. Gryp ’n stoel en word deel van die spel. Met: Stephanie Maria Gericke, Llandi Beeslaar, Magdaleen Groenewald Stelontwerp, teks en regie: Llandi Beeslaar Verhoogbestuur: Llandi Beeslaar en Magdaleen Groenewald …

halfSES vir SESuur Read More »

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell

Gegrond op ’n ongelooflike ware verhaal wat tydens die Anglo- Boereoorlog afspeel. Susan word in die Winburg-konsentrasiekamp verkrag en vir dood agtergelaat. Haar pad kruis jare later weer met dié van haar verkragter. Na die topverkoper-roman Kamphoer (Francois Smit) en nie-fiksie publikasie The Boer Whore (Nico Moolman). Vanjaar is die 120ste gedenkjaar van die Anglo- …

Kamphoer – die verhaal van Susan Nell Read More »

Katvoet

Die klassieke Pulitzerprys-drama Cat on a Hot Tin Roof in ’n nuwe verwerking. Scheepers verskuif die toneel na ’n wildplaas in die Limpopo-bosveld. Dit is hier waar die Mouton-gesin bymekaarkom vir hul patriarg se 65ste verjaardag. Boela, die oudste seun, drink homself buite weste om die spoke agter sy oë stil te maak en Maggie, …

Katvoet Read More »

Keelvol

Na terugslae in die stad probeer Dirk sy heil vind as ’n plattelandse sang- en musiekonderwyser. Mariëtte werk in die dorp se boekwinkel, maar al wat sy wil doen is “perform”. Sy is reg vir haar eerste musiekles… is hy? Met: Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar Tegniese regisseur en verhoogbestuur: Rehbart Geldenhuys Musiek: Saranti Reeders …

Keelvol Read More »

Koekeloer

’n Splinternuwe, eg Suid-Afrikaanse klug wat afspeel in ’n woonstel in Stellenbosch tydens die finale rondte van die Koekedoor-kompetisie. Die twee finaliste is Marie Coleské, ’n oujongnooi van Koekenaap, en Marié Kok, ’n model van Ruimsig wat lingerie (fyn onderklere) vertoon. ’n Onbeholpe klouterdief en privaatspeurder, ’n jaloerse bokskampioen, ’n stuitige lingerie-ontwerper, ’n statige predikant, …

Koekeloer Read More »

Detensie

Wanneer niemand by Sonop Hoër drama as vak wil neem nie, word die detensieklas aan die dramaonderwyser Dr Müller toevertrou. Die room van die skuim van Sonop Hoër moet betaal vir hul sondes. ’n Gewone strafperiode ontaard in ’n absolute nagmerrie. Hoeveel drama is daar in drama? Met: Leon Claassen, Anwill Botha, John-George de Villiers, …

Detensie Read More »

Koningin Lear

Koningin Lear

’n Herverbeelding van William Shakespeare se King Lear. Elizabeth het ’n internasionale sakeryk opgebou. Sy is nou bejaard en verloor haar houvas op die werklikheid: sy kondig aan dat die besigheid tussen haar drie seuns verdeel sal word en sy eis dat haar seuns onder eed hul liefde en trou aan haar verklaar. ’n Epiese …

Koningin Lear Read More »