Saterdag, 28 September

ALTEmit Acappella

Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette Viljoen (Anderkant nêrens se mense, God die digter, KROG), Olga Leonard (’n Eeu van Eybers, KROG), Hilandi du Toit (Gesnaarde Gedigte, KROG) en Grethe van der Merwe (Ver van hier, Jy weet). Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit …

ALTEmit Acappella Read More »

Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy verweef die musiek oudergewoonte met stories en herinneringe. Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae tot musiek. Haar …

Amanda Strydom – Miss Mandy Read More »

Kombi-Nasie

Clanwilliam se bekendste boorling, Wicus van der Merwe, en die Afrikaanse Skot, Peter Mitchell, ook bekend as Pietman Geldenhuys. Jy kan deesdae van min dinge seker wees, maar hulle waarborg wel: jy gaan skater en kruip, sing en swaai en voor jy weer sien is jy deel van die lawaai. Kom vergeet wat aan jou …

Kombi-Nasie Read More »

My Miriam Makeba Story

Die Kanna-wenner Sima Mashazi het die rol van ’n jong MiriamMakeba vertolk in die internasionale musiekblyspel, Mama Africa. Hierdie produksie bring hulde aan ’n historiese figuur wat bekend was vir haar vermoë om die werklikheid met haar lirieke te verweef, om massas te inspireer en nuwe hoop te gee te midde van haar eie worstelinge …

My Miriam Makeba Story Read More »

Radio Kalahari Orkes

RKO se musiekwortels lê diep, en vind uitdrukking in die vorm van Ghoema-, Latynse en Africana-musiek, en enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Met akoestiese toerusting amper so oud soos hulle leuse, speel die klanke saam in harmonie: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, kazoo en ’n ou Fender Telecaster. Met: Ian …

Radio Kalahari Orkes Read More »

Refentse – Liefdegenerasie

Dié boorling van Vereeniging het in ’n kort tydjie een van ons gewildste Afrikaanse kunstenaars geword. Hy beskryf sy jongste CD, Liefdegenerasie, as ’n persoonlike mylpaal. Hy delf dieper as ooit om sy ryke en eiesoortige musikale gawe te ontgin en sy unieke karakter kom na vore met die saamsnoer van poëtiese lirieke en musiek. …

Refentse – Liefdegenerasie Read More »

Shirley Bassey – Diamonds are Forever

’n Viering van die ongelooflike musiek opgeneem deur Shirley Bassey. SAMA-wenner, Anna Davel, sing groot treffers uit hierdie diverse en sielvolle sangeres se repertoire, asook haar eie persoonlike gunstelinge. Ghoema-wenner pianis en vervaardiger Jaconell Mouton trek vir bekende liedjies ’n nuwe baadjie aan. Sien uit na treffers soos Big Spender, I am what I am …

Shirley Bassey – Diamonds are Forever Read More »