Sake & Landbou

Entrepreneurs in die landbou: nuwe toetreders en rigtings

Entrepreneurs en jong- en opkomende boere is die toekomstige landbouleiers. Hoe bly jy met nuwe tegnieke, uitvindsels, rigtings en produkte binne die wet? Gespreksleier: Pieter Möller Saamgestel deur: Pieter Möller 18:00 Dinsdag, 24 September; Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal In samewerking met: Winslyn, Prontuit

Sjina: Suid-Afrika se vriend of vyand?

President Xi Jinping van Sjina noem sy land se wêreldwye beleggings- en leningsprogram, die projek van die eeu. Suid-Afrika en Afrika het buitelandse beleggings broodnodig, maar hoe opgewonde kan ons regtig wees oor Sjina wat ál meer vastrapplek op ons vasteland kry? Gespreksleier: Divan Botha (Winslyn) Saamgestel deur: Winslyn, kykNET 18:00, Woensdag 25 September; Netwerk24 Feeskafee, …

Sjina: Suid-Afrika se vriend of vyand? Read More »

Is ’n loopbaan in landbou lonend?

Hoe oud is die gemiddelde boer in Suid-Afrika? Is dit die moeite werd om in dié land te wil boer met onsekerhede soos onteiening sonder vergoeding, plaasmoorde, veediefstal, arbeidswetgewing, droogtes, insetkoste, mededinging met die invoermark en boerdery van skaal? Wat van ’n loopbaan in die breër landbousektor – in die landbou-waardeketting? Prontuit-aanbieder, Kabous Meiring, gesels …

Is ’n loopbaan in landbou lonend? Read More »

Moet ek regtig ’n entrepreneur wees?

Entrepreneurskap word toenemend as die enigste oplossing vir Suid-Afrika se sukkelende ekonomie beskou. Beteken dit elkeen behoort ’n entrepreneur te wees? Gespreksleier: Divan Botha (Winslyn) Saamgestel deur: Winslyn, kykNET 18:00, Donderdag 26 September; Netwerk24 Feeskafee, Bennie Pienaarsaal In samewerking met: Winslyn, Prontuit