Musiek

ALTEmit Acappella

Vier vuurwarm alte. Een verhoog. Met Babette Viljoen (Anderkant nêrens se mense, God die digter, KROG), Olga Leonard (’n Eeu van Eybers, KROG), Hilandi du Toit (Gesnaarde Gedigte, KROG) en Grethe van der Merwe (Ver van hier, Jy weet). Dié vier liedjieskrywers en musikante in eie reg, span saam en bied acappella aan soos nog nooit …

ALTEmit Acappella Read More »

Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom vier vanjaar 40 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. In Miss Mandy neem sy die gehoor op ’n musikale reis van haar beginjare tot nou toe. Sy verweef die musiek oudergewoonte met stories en herinneringe. Sy loop die pad al lank en is vanjaar vereer met die Kunste Onbeperk-prys vir haar lewensbydrae tot musiek. Haar …

Amanda Strydom – Miss Mandy Read More »

CH2 & The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse Dansers

Kom beleef Suid-Afrika se eie veelbekroonde virtuoso-kitaarduo, CH2, soos jy hulle nog nie gesien het nie! In ’n unieke produksie met vuurdansers. Tydlose treffers soos Vyfster, Volare, Tussen Treine en verskeie snitte uit hulle nuutste internasionale album, Starstruck, en vele meer. Uitverkoop by Aardklop 2018 en op SABC 2 vertoon. Met: CH2, The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse …

CH2 & The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse Dansers Read More »

Charl du Plessis – Solo

Charl du Plessis debuteer met sy heel eerste soloklavierprojek. Sedert sy professionele debuut 20 jaar gelede, tree Du Plessis saam met verskeie sangers op, vorm sy eie trio en tree as solis op vir plaaslike en internasionale orkeste. Soloklavier is egter sy eerste liefde. Hy ondersoek die binnewêreld van sy eie komposisies, improvisasies en herinneringe. Klassieke en populêre …

Charl du Plessis – Solo Read More »

Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite

Coenie de Villiers en sy musikante begin met komposisies uit sy skitterende album, Emoji, asook ’n paar bekende treffers. Hierna volg die oorspronklike Karoo-suite vir woord en lied, struktureel geskoei op Vivaldi se Vier Seisoene. Deon Meyer se wonderskone teks belig die mense, die stories en persoonlikheid van die Karoo. Sy asemrowende fotografie en projeksies voltooi as agtergrondtafereel hierdie multimedia …

Coenie de Villiers en Deon Meyer – Karoo-suite Read More »

In the dark – The Piano/ The Hours

Die gewilde konsertreeks wat sedert 2013 in Kaapstad ’n nuwe, jong gehoor ontwikkel vir klassieke musiek. Moderne en hedendaagse komponiste soos Arvo Pärt, Dmitri Shostakovich en Piazolla word in die donker uitgevoer, met die fokus gerig op die sensoriese luisterervaring. Die bekende Portugese pianis, José Dias, neem die gehoor op ’n soniese reis met die gevierde minimalistiese klankbane van The Piano …

In the dark – The Piano/ The Hours Read More »

Jannie du Toit – Oesjaar

Jannie du Toit bly na vyf dekades steeds relevant. Sy splinternuwe liedjies bevat uiteenlopende temas: ’n Huldeblyk aan Christa Steyn, ’n legendariese koffiewinkel in Melville, die passie wat ’n kunstenaar dryf om nooit op te hou skep en sing nie, ’n huldeblyk aan Madiba, en ’n liefdeslied aan sy vrou, Therina, met wie hy in …

Jannie du Toit – Oesjaar Read More »

Karen Zoid

Elkeen wat al ’n Karen Zoid-vertoning bygewoon het, sal weet dat dit ’n absoluut unieke ervaring is. Kom luister hoe sy hart en siel uitstort in elke liedjie. Slegs EEN vertoning. Met: Karen Zoid en orkes Beeld Ouditorium, 24 Sept 20:30, R220 / R200, 80 min, Kontemporêr, OB, Afr, Eng KLIK HIER VIR KAARTJIES

Kombi-Nasie

Clanwilliam se bekendste boorling, Wicus van der Merwe, en die Afrikaanse Skot, Peter Mitchell, ook bekend as Pietman Geldenhuys. Jy kan deesdae van min dinge seker wees, maar hulle waarborg wel: jy gaan skater en kruip, sing en swaai en voor jy weer sien is jy deel van die lawaai. Kom vergeet wat aan jou …

Kombi-Nasie Read More »