Kontemporer

’n Non, ’n Prins en ’n Spook stap in ’n kroeg!

’n Program met gewilde musiek uit Broadway-teatergunstelinge: onder meer musiek uit The Phantom of the Opera, Les Misérables, West Side Story, The Sound of Music en Wicked. Conroy Cupido (dubbele Fiëstas-genomineerde) lei die sterbelaaide sanggroep, met Magdalene Minnaar wat as gaskunstenaar die gehoor betower. Begelei deur ’n orkes van 22 lede. Met: Conroy Cupido, Magdalene …

’n Non, ’n Prins en ’n Spook stap in ’n kroeg! Read More »

O, my Folk!

’n Viering van moderne liedjies uit die Afrikaanse folk-musiek genre. Koos Kombuis het baie myle gereis sedert die Voëlvry-beweging van die tagtigerjare. Sy pad kruis hier met Kortpad-reisigers langs ’n nuwe moderne teerpadroete. Johrné van Huyssteen beman die verversingspos by hierdie besondere kruising. Met: Koos Kombuis, Herman Kleinhans, Bottomless Coffee Band, Johrné van Huyssteen Musiekregie: …

O, my Folk! Read More »

Portret

Sopraan Magdalene Minnaar deel ’n intieme kyk after die skerms, met ’n nuwe program wat ’n klankbaan tot haar loopbaan vorm. Die aanbieding sluit alles van opera tot jazz in, met ’n paar interessante musikale verrassings. Kom luister onder meer na O mio Babbino Caro, Ebben! Ne Andro Lontana, Heimwee, The Rose en Somewhere over …

Portret Read More »

Radio Kalahari Orkes

RKO se musiekwortels lê diep, en vind uitdrukking in die vorm van Ghoema-, Latynse en Africana-musiek, en enigiets anders wat langs die grondpad te vinde is. Met akoestiese toerusting amper so oud soos hulle leuse, speel die klanke saam in harmonie: viool, kitare, dobro, mondfluitjie, bas, trekklavier, kazoo en ’n ou Fender Telecaster. Met: Ian …

Radio Kalahari Orkes Read More »

Refentse – Liefdegenerasie

Dié boorling van Vereeniging het in ’n kort tydjie een van ons gewildste Afrikaanse kunstenaars geword. Hy beskryf sy jongste CD, Liefdegenerasie, as ’n persoonlike mylpaal. Hy delf dieper as ooit om sy ryke en eiesoortige musikale gawe te ontgin en sy unieke karakter kom na vore met die saamsnoer van poëtiese lirieke en musiek. …

Refentse – Liefdegenerasie Read More »

Ses Snare Special

Die immergewilde Snare nooi ’n paar musiekvriende om te kom saam speel. Verwag vuurwarm musiek wat jou voete sal laat jeuk. Met: Blackie Swart, Leon Ecroignard, Pieter Smith, MD Greyling, Peter Hoven, Rick Swart Gaskunstenaars: Anna Davel, Mathys Roets en Jannie Moolman Tegniese regisseur: Giep van Zyl Musiekregie: Ensemble Vervaardiger: Giep van Zyl Elgro Hotelsaal, …

Ses Snare Special Read More »

Shirley Bassey – Diamonds are Forever

’n Viering van die ongelooflike musiek opgeneem deur Shirley Bassey. SAMA-wenner, Anna Davel, sing groot treffers uit hierdie diverse en sielvolle sangeres se repertoire, asook haar eie persoonlike gunstelinge. Ghoema-wenner pianis en vervaardiger Jaconell Mouton trek vir bekende liedjies ’n nuwe baadjie aan. Sien uit na treffers soos Big Spender, I am what I am …

Shirley Bassey – Diamonds are Forever Read More »