Opwipfees

Spirare: Wit Man op ‘n Slag

‘n Diverse paneel bespreek ‘ligte’ onderwerpe soos kuns, die toekoms, wit skuld en Afrikaner-terrorisme.As wegspringplek verwys hul na Aardklop se visuele kuns aanbieding in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument:n Goeie Dag vir’n Slag (Skhokho Sangemphela).  Met o.a.Bouwer Bosch, Stefaans Coetzee, Schalk van Heerden en Johan Stegmann. Vrydag 1 Okt 13:00 Voortrekkermonument Liedjietuin R50 Kaartjies: https://bit.ly/3u3u4OT

Visuele kuns begeleide toere

Die visuele kunste begeleide toer neem besoekers na ‘n Goeie Dag vir ‘n Slag deur Johan Stegmann in die binnevertrekke van die Voortrekkermonument waar dit in dialoog verkeer met geskiedkundige visuele elemente in die Senotaafsaal. Ons ontdek ook die groepsuitstalling Beloofde Land?/Promised Land? wat verskeie kunstenaars se herinterpretasie van tradisionele Suid Afrikaanse landskap skilderye byeen bring. Die toere begin …

Visuele kuns begeleide toere Read More »

Opwipfees: Nuwe produksies, ekstra kaartjies nou beskikbaar

Kaartjieverkope verloop flink, en daarom dis dit heerlik om te kan aankondig dat ons hier en daar ekstra kaartjies kon vrystel, en nuwe produksies en aanbiedinge kan aanbied! Ons het immers belowe dat in ware opwipformaat, die publiek die webwerf en media sal kan dophou, soos wat dinge gaan en kan verander. Dié Mini-Aardklop, wat …

Opwipfees: Nuwe produksies, ekstra kaartjies nou beskikbaar Read More »

Spirare: Wie stook watter kool en wie blus die brand

Wie stook watter kool, en wie blus die brand? Deur die eeue heen het kunstenaars en openbare figure bygedra tot die val van regimes, tot die skawing aan die gemeenskaplike bewussyn. Wat is hulle verantwoordelikheid? Gesprekleier: Cornelia Faasen Met o.a. Dr. Theuns Eloff, Lizz Meiring en Dr. Ismail Mahomed Donderdag 30 Sept 13:00 Voortrekkermonument, Liedjietuin …

Spirare: Wie stook watter kool en wie blus die brand Read More »

Spirare: Prontuit kykNET – Slag ons of praat ons, oor die olifant in die vertrek?

Monumente, standbeelde, plek- en straatname. Hoe gemaak met dié olifant in die vertrek? Min mense is onaangeraak deur die betekenis van hierdie kultuurgoedere – party neem erg aanstoot, vir ander is dit byna heilig. Gelei deur Kabous Meiring Prontuit, kykNET Paneel: Prof. Anton van Vollenhoven, Lindie Koorts, Lyntjie Jaars, Danie Langner  29 September, 09:30, Liedjietuin, …

Spirare: Prontuit kykNET – Slag ons of praat ons, oor die olifant in die vertrek? Read More »

Spirare: KN Verslag – Munisipale verval: sal inwoners al meer self doen?

Op watter maniere kan burgers hulself teen die plaaslike regering insuleer of sélf dienste oorneem? Waar het dit al gebeur? Gaan dit meer algemeen in die toekoms raak? Is dit altyd wettig? Is daar negatiewe gevolge? Gelei deur Lourensa Eckard, KN Verslag – kykNET Paneel: Theo Venter, Theuns Eloff 2 Oktober, 09:30, Liedjietuin, Voortrekkermonument Kaartjies: …

Spirare: KN Verslag – Munisipale verval: sal inwoners al meer self doen? Read More »

Spirare: KN Verslag – Word ons kwaad oor die regte goed?

‘n Gesprek oor die kwessies wat Suid-Afrikaners rooi laat sien en selfs die strate invaar. Maar hoekom genereer sekere nuusonderwerpe soveel meer aandag en reaksie as ander waaroor ons regtig kwaad behoort te word? Moet Suid-Afrikaners hulle fokus verskuif? Gelei deur Heindrich Wynaard, KN Verslag – kykNET Paneel: Liezel de Lange, Flip Buys, Melene Rossouw …

Spirare: KN Verslag – Word ons kwaad oor die regte goed? Read More »

Spirare: KN Verslag – Die Afrikaanse leier waar is hy of sy?

Waar is die helderdenkende leier van die hedendaagse Afrikaner? Is die Afrikaner nog n gemeenskap met werklike politieke mag? Bied taal enigsins n politieke tuiste? En wil mense nog in die huidige siniese klimaat agter n leier verenig? Gelei deur Waldimar Pelser KN Verslag in gesprek, kykNET Paneel: Alida Kok, Gayton McKenzie, Jan-Jan Joubert 30 …

Spirare: KN Verslag – Die Afrikaanse leier waar is hy of sy? Read More »

Scroll to Top