Resensies-2019

Resensie: ’n Non, ’n prins en ’n spook stap in ’n kroeg!

Conroy Cupido lei die NWU Konservatoriumkoor en gaskunstenaar Magdalene Minnaar in ’n Broadway-geïnspireerde program wat ’n mens met hoendervel laat van die opwinding. ’n Orkes van 22 lede deel die verhoog met die sangers en die program open opwindend met liedjies uit The Phantom of the Opera. Die gehoor word verder bederf met bekende (gewilde) …

Resensie: ’n Non, ’n prins en ’n spook stap in ’n kroeg! Read More »

Koningin Lear

Resensie: Koningin Lear

As jy jou ooit ’n wenspan kon indink, dan bestaan dit uit Tom Lanoye, Antjie Krog, Marthinus Basson en Antoinette Kellermann, André Roothman en nog meer. Maar alles begin by Shakespeare. Lanoye het sy dawerende tragedie King Lear herverbeel in ’n moderne opset, in die wêreld van groot monopoliekapitaal, met Lear ’n vrou – en …

Resensie: Koningin Lear Read More »

Resensie: Charl du Plessis – Solo

Oudergewoonte stap Charl du Plessis die konservatorium binne en trek dadelik los met twee aangrypende werke. Sy eerste solo-projek en -vertoning demonstreer opnuut sy vryehand vermoëns; die projek is ’n introspektiewe een. Die werke word ingelei met ’n bietjie agtergrond, maar ook kan ’n mens sien hoe Du Plessis hom laat meesleur deur die musiek. …

Resensie: Charl du Plessis – Solo Read More »

Resensie: Laurika Rauch

Uit die donker neem Laurika agter die mikrofoon vorm aan. Sy dra swart en sy het ’n bandolier soos ’n klein generaal: Dis ’n hangverband vir haar arm ná ’n motorongeluk in Potchefstroom waarin sy haar skouer beseer het. Dawerende applous. Die gehoor is vir die duur van die vertoning in die holte van haar …

Resensie: Laurika Rauch Read More »

Resensie: Sê groete vir ma

Uit stories waarmee Suid-Afrikaners hul kan vereenselwig leer die kyker vir Reghardt Roberts van Aswegen (Hannes van Wyk) ken. Daar word besin oor sekere sleuteloomblikke in Reghardt se lewe wat hom lei om ’n besluit te neem in ’n lewe-of-dood-situasie. Hy is ’n boerseun wat nie die troetelhoender, Knoop, wou nekomdraai toe slagtyd aanbreek nie. …

Resensie: Sê groete vir ma Read More »

Koningin Lear

Resensie: Koningin Lear

In die titaniese produksie Koningin Lear span ’n geselskap van akteurs saam om ’n verhaal van status en verraad aan te bied. Dié herverbeelding van Shakespeare se King Lear se teks kom uit die pen van Tom Lanoye en is verstommend vertaal deur Antjie Krog; die teks is poëties, dig en ryk, maar nie ontoeganklik …

Resensie: Koningin Lear Read More »

Resensie: Portret

’n Skone klankbaan van Magdalene Minnaar se loopbaan Die nimlike Magdalene Minnaar gee in Portret rekenskap van die werke wat haar deur haar loopbaan beïnvloed en gevorm het. Die liedjies word afgewissel met vertellings van hoe sy haar by tye moes hervorm, soms met Tori Amos, Radiohead en Nirvana, later Ava Cassidy en Joni Mitchell. …

Resensie: Portret Read More »