Resensies-2019

Resensie: ALTEmit A Capella

Die alt-register is ’n toeganklike een, maar die vier alte wat dié produksie opmaak is soveel meer as blote alte. In ALTEmit A Cappella word die sout-van-die-aarde-land wat Suid-Afrika vir die gehoor belig in ’n intieme teater, en dié is nie sommer enige a cappella-vertoning nie. Wat die vertoning sy eie kleur gee, is die …

Resensie: ALTEmit A Capella Read More »

Resensie: Donkie

’n Tikkie nostalgie en die harde werklikheid Dit is onvermydelik om so klein bietjie nostalgies te voel wanneer ’n mens in die gehoor van Donkie sit. Die podium op die verhoog, die portrette van ou skoolhoofde weerskante teen die muur, en die geluid van ’n skoolklok wat die begin van die produksie aandui, sal enige …

Resensie: Donkie Read More »

Resensie: Katvoet

Dié Tennessee trap te suutjies in die Bosveld Dis ’n familiefees, soos in Festen. Die skatryk, kwasterige patriarg (Marius Weyers) word 65, maar is sterwend aan kanker. Die swakkeling-seun en sy dragtige vrou sirkel soos aasvoëls. Albert Pretorius en Martelize Kolver skitter in hierdie tweedeviool-rolle. Weyers se pa-figuur is myns insiens nie oordonderend macho genoeg …

Resensie: Katvoet Read More »

Resensie: Keelvol

Net die kuur vir dié wat keelvol gewroeg is Hierdie stuk is verfrissend vir diegene wat moeg gewroeg is. Met soveel hartseer en somber aanbiedings op die spyskaart is ’n musikale komedie net die ding om ’n krul in jou stert terug te sit. Binnelanders-akteurs Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar het dit self gekonseptualiseer en …

Resensie: Keelvol Read More »

Resensie: Non met vakansie

Op vakansie kan jy jouself vind ’n Katolieke non en ’n agnostiese sakeman ontmoet mekaar op ’n Portugese eiland en ontdek toevallig weens ’n belediging wat hy haar toesnou dat hul albei Afrikaans is. Die storie ontvou en kykers sal nie glo wat suster Magdalene en Michael (vertolk deur Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee) …

Resensie: Non met vakansie Read More »

Resensie: Die dinge van ’n kind

Soos ’n eerste soen wat warm én koud is Cintaine Schutte parkour in ’n emosionele landskap wat strek van wrewel na onskuld, van vrees na vergifnis. Haar dinamiese vertolking van Marita van der Vyver se karakters in die verhoogverwerking van Die dinge van ’n kind toon dié aktrise se waarlike vermoëns as verkleurmannetjie. Die hoofkarakter, …

Resensie: Die dinge van ’n kind Read More »

Resensie: Raak

Die huwelik se dans van hartstog, spyt en aggressie Opwindende jong teatermaker Kanya Viljoen se skokstuk tref die teiken. Die gehoor beleef die patologie van ’n huwelik. André kom tuis van ’n jagtog. Hy lyk soos ’n geslane hond en dra ’n geweer oor sy skouer. Jana staan apaties en koolslaai maak. Sy kreun, gryp …

Resensie: Raak Read More »

Resensie: Queenie-hulle

Die hoop binne ’n hulpelose situasie Queenie-hulle gee kykers ’n blik op vyf bergies se ervaring wanneer hulle op die vooraand van 2019 se nasionale verkiesing ’n kennisgewing kry dat hulle die Good Hope Centre, waar hulle tot dusver gebly het, moet ontruim. Alles is egter nie verlore nie, want die verkiesing hou die moontlikheid …

Resensie: Queenie-hulle Read More »

Resensie: Die roadtrip

’n ‘Roadtrip’ wat jou tevrede huiswaarts laat keer Die roadtrip bied ligte vermaak wat die gehoor laat lag en hulle koppe laat skud vir die lawwigheid van twee ou universiteitsmaats, Jaco en Belarus, wat onderskeidelik deur Brendon Daniels en Waldemar Schultz gespeel word. Twintig jaar nadat hulle klaar studeer het, is hulle steeds vriende en …

Resensie: Die roadtrip Read More »