Toneel & Musiek

My Oom se Vrou se Plekkie

Phillip en Jeanette Martins se dakwoonstel is pas opgeknap en staan tans leeg. Op dieselfde aand leen Phillip en Jeanette die woonstel uit aan twee verskillende vriende vir ’n nag van passie. Terselfdertyd kom maak die binnehuisversierder ’n draai. Chaos volg. Met: Marissa Claasen, Etienne Du Plessis, Botha Enslin, Johan Joubert, Elma Potgieter, Janè Swanepoel, …

My Oom se Vrou se Plekkie Read More »

Non met vakansie

Anna het op 18 as Afrikaanse, Protestantse middelklasmeisie geroepe gevoel om ’n non te word. Nou, in haar veertigerjare, is sy ontnugter. Was ’n lewe van opoffering die moeite werd? Sy wil haar kop skoon kry en gee pad na ’n eiland aan die Portugese kus. Daar ontmoet sy vir Drikus, ’n Afrikaanse man in …

Non met vakansie Read More »

Queenie-hulle

Die groep bergies vir wie die trappe van die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad al jare lank hulle enigste huis is, het nie ’n normale dag by die werk nie: Jerry het net R10 gekry vir twéé úre se karre oppas, iemand het die gemeenskaplike dop uitgesuip, en Queenie daag op met ’n brief van die Stadsraad …

Queenie-hulle Read More »

Sê Groete vir Ma

Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en bestaan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het. Dit is ’n drama waar die lag en die traan baie na aan mekaar lê. ’n Knop-in-die-keel, tong-in-die-kies kykie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig. Die “blerrie getik-tok …

Sê Groete vir Ma Read More »

Schalkie en Cassie hou konsert!

Die een is ’n lewende legende en ikoon as dit by Afrikaanse stand-up-komedie kom. Die ander is die opwindendste jong stem in Suid-Afrikaanse stand-up. Verwag ’n kragtoer van die twee karnallies op hulle beste. Hierdie twee puik komediante se splinternuwe produksie bevat hulle beste materiaal, apart en saam op die verhoog. Daar is ook skreeusnaakse …

Schalkie en Cassie hou konsert! Read More »

Tien duisend ton

Hoe diep is die voetspoor wat ons op die aarde agterlaat? Hoeveel weeg ’n kind? Hoe bring ’n mens ’n nuwe lewe in die wêreld in ’n era van politieke onrus, klimaatsverandering en ’n oorheersende gevoel van wanhoop? ’n Man en vrou oorweeg ’n baba, maar worstel met die impak wat dit kan hê – nie …

Tien duisend ton Read More »

Wilde-als

Hilde Kraus is ’n legendariese skrywer wat sukkel om haar finale roman te voltooi, jare na haar laaste poging. Sy wroeg deur die kronkelpaaie van haar geheue om sin te maak van die goeie en slegte om dit einde ten laaste in haar boek neer te pen. Haar muse, wat saam met haar oud geword het, …

Wilde-als Read More »

Pronk Podium 3

My Planeet (Patria Manskoshuis & Karlien Dameskoshuis) Alie se planete is daar vir almal om te sien, net jammer niemand doen ooit die moeite om daarna te kyk nie. Sy bou vir haar ’n ruimteskip om na ’n planeet te reis waar sy weer kan asemhaal haal, maar hoe maak mens as die swaartekraglaag net …

Pronk Podium 3 Read More »