Ander

RAAK

Die bekroonde verhaal van ’n jong getroude paartjie en hoe hulle lewens vervleg het. Van die dae van onskuldige hoërskoolliefde, deur geheime, hulle troue, totdat elemente van hulleself mettertyd verlore gegaan het. ’n Intieme ondersoek na die geweld van liefhê – hoe ons en die gemeenskap mekaar onderling skade berokken. Met: David Viviers en Anoëcha …

RAAK Read More »

Die Pomporrelkonsert

Ferdinand Deist het die wonderlikste stories oor die Sandveld se eiesoortige karakters geskryf. Hy het ’n gawe gehad om die spreektaal perfek neer te pen. Geïnspireer deur Johny Klein se gewilde RSG-voorlesings. Met: Johny Klein Teks: Ferdinand Deist Verwerk deur: Frans Swart Verhoogbestuur: Johan van de Reede Regie: Frans Swart Vervaardiger: Lefra Kommunikasie en Bemarking Ondersteun …

Die Pomporrelkonsert Read More »

halfSES vir SESuur

halfSES vir SESuur is ’n hiper realistiese toneelstuk waar die gehoor saam met die geselskap aan tafel sit. Die repetisie voor die vertoning, IS die vertoning. Gryp ’n stoel en word deel van die spel. Met: Stephanie Maria Gericke, Llandi Beeslaar, Magdaleen Groenewald Stelontwerp, teks en regie: Llandi Beeslaar Verhoogbestuur: Llandi Beeslaar en Magdaleen Groenewald …

halfSES vir SESuur Read More »

Kontreistories

Storievertel is so deel van Afrikaans-wees soos pannekoek, boeretroos en braaivleis. Stories bind ons aan mekaar – ons lag saam, huil saam en deel ons erfenis met mekaar. Boonop spog elke gemeenskap met sy eie storievertellers wat stories uit die kontrei vertel soos niemand anders kan nie. Kom skop uit jou vellies, maak jou tuis …

Kontreistories Read More »

Queenie-hulle

Die groep bergies vir wie die trappe van die Goeie Hoop-sentrum in Kaapstad al jare lank hulle enigste huis is, het nie ’n normale dag by die werk nie: Jerry het net R10 gekry vir twéé úre se karre oppas, iemand het die gemeenskaplike dop uitgesuip, en Queenie daag op met ’n brief van die Stadsraad …

Queenie-hulle Read More »

Tien duisend ton

Hoe diep is die voetspoor wat ons op die aarde agterlaat? Hoeveel weeg ’n kind? Hoe bring ’n mens ’n nuwe lewe in die wêreld in ’n era van politieke onrus, klimaatsverandering en ’n oorheersende gevoel van wanhoop? ’n Man en vrou oorweeg ’n baba, maar worstel met die impak wat dit kan hê – nie …

Tien duisend ton Read More »