Gereelde Vrae

Wanneer vind Aardklop plaas? 24-29 September 2019

BELANGRIKE DATUMS

Kunssafari: 23 September 2019
Stalletjies en feesterrein: 24-28 September
Toneel- en musiekproduksies: 24-28 September
Langtafel en klassieke musiekkonsert:29 September 2019

PRODUKSIES

Wanneer sal die feesprogram beskikbaar wees?
Die program sal vanaf 20 Junie beskikbaar wees. Hou Aardklop se webblad, toepassing, feesgids en sosiale media dop vir nadere inligting.

Wanneer sal produksiekaartjies beskikbaar wees?
Kaartjies sal vanaf 24 Junie 2019 landwyd beskikbaar wees.

Waar kan ek produksiekaartjies koop?
Aanlyn by www.ticketpro.co.za, by Aardklop se kantoor (Molenstraat 69, Potchefstroom), of op Aardklop se toepassing.

FEESTERREIN

Hoeveel kos toegangskaartjies tot die feesterrein?
R30; tydens die fees by die toegangshekke te koop. Weekskaartjies kan vooraf by Aardklop se kantoor teen R75 gekoop word. Kinders o/ 12 verkry gratis toegang tot die feesterrein.

 Is daar OTM-geriewe op die feesterrein?
Ja.

Is die feesterrein oop wanneer dit reën?
Ja.

Feesterrein: Oop verhoë

Hoe doen ek aansoek vir ʼn tydgleuf?
Kontak info@artistwarehouse.co.za

Wanneer sluit die aansoeke?
31 Mei 2019

Hoeveel kos kaartjies vir die kykNET-verhoog?
Feesgangers sal R30 betaal om toegang tot die terrein te verkry. Die toegang tot kykNET-verhoog is gratis.

Waar kan ek sien wie gaan optree?
Hou Aardklop se webblad, toepassing, sosiale media en feesgids dop vir inligting.

Word daar diere op die terrein toegelaat?
SLEGS gidshonde word op die feesterrein toegelaat. Geen troeteldiere word toegelaat nie!

Feesterrein: Kunsmarkstalletjies

Hoe doen ek aansoek vir ’n stalletjie op die feesterrein?

Laai die aansoekvorm hier af: https://aardklop.co.za/2019/02/26/aansoekvorm-stalletjies

Wanneer sluit aansoeke vir stalletjies op die feesterrein?
12 April 2019

Wanneer ontvang aansoekers terugvoer?
Vanaf 26 April 2019

TYDELIKE WERK

Wanneer kan ek aansoek doen vir tydelike werk tydens Aardklop?
Aansoeke open 15 April 2019 en sluit 17 Mei 2019.

Hoe doen ek aansoek vir tydelike werk?
Aansoekvorms sal op Aardklop se webwerf beskikbaar wees.

PARKERING EN VERVOER

Waar is die pendelstasie?
Op die hoek van Esselen- en Hoffmanstraat.

Waar kan ek parkeer?
Areas wat hoofsaaklik vir parkering gebruik word, is: Molenstraat, Mooirivier Laerskool, Thabo Mbeki-rylaan.

 Let asb. daarop dat daar meer verkeer in Potchefstroom is tydens Aardklop. Beplan dus u roetes vooraf om seker te maak u is nie laat vir vertonings nie.

Waar kan bejaardes en gestremdes parkeer?
Aardklop stel spesiale parkeerplekke/parkeerruimtes vir bejaardes en gestremdes beskikbaar. Toegangskaarte kan by die akkreditasiekantoor verkry word. Meer inligting oor waar die kantoor is sal nader aan die feestyd beskikbaar wees. Daar is ʼn beperkte hoeveelheid plekke beskikbaar. 

KUNSSAFARI

Wat is die Kunssafari en wat behels dit?
Die Aardklop Kunssafari is ʼn begeleide kunstoer waarmee die fees op 23 September 2019 afskop. Kaartjies sal na 24 Junie 2019 op Ticketpro beskikbaar wees.

LANGTAFEL

Mag kinders die Langtafel bywoon?
Kinders is welkom, hoewel daar nie spesiale voorsiening vir hulle gemaak word nie. Indien hulle op ma of pa se skoot sit is toegang gratis, anders geld normale kaartjiepryse.

BELANGRIKE REËLS VIR FEESGANGERS

Stiptelikheid:
Laatkommers sal nie in enige lokaal toegelaat word nadat die vertoning begin het nie. Hulle mag daarna slegs tydens pouse ingaan. Let egter daarop dat heelwat vertonings nie pouses het nie.

Kaartjiebewys:
Hou asseblief vir hertoelating ná pouse.

Kameras en klanktoestelle:
Geen elektroniese toerusting mag tydens enige vertoning gebruik word nie. Fotograwe en filmspanne moet spesiale toestemming van die kunstenaars kry, en waar toegestaan, mag geen flitsligte gebruik word nie.

Selfone:
Selfoonkameras is ook taboe. Sit asseblief jou selfoon af, nie net op “silent” nie. Dit meng in met die klanktoerusting en bederf ander feesgangers se feeservaring.

Dankie vir die samewerking. Die heel belangrikste: Geniet Aardklop terdeë!