Resensies

Resensie: Mathys Roets en Dana Snyman – Lag van die huil

Mathys Roets en Dana Snyman deel ’n verhoog en vermaak ’n wonderlike gehoor; “heil die leser, huil die luisteraar”. Bekende liedjies uit Roets se loopbaan word afgewissel met storievertelling deur Snyman, en so word die bittersoet aard van ’n lewe aan die gehoor gekommunikeer. In een aanbieding (uit Snyman se nuwe boek) dryf hy heilsaam

Lees Meer »

Resensie: ’n Non, ’n prins en ’n spook stap in ’n kroeg!

Conroy Cupido lei die NWU Konservatoriumkoor en gaskunstenaar Magdalene Minnaar in ’n Broadway-geïnspireerde program wat ’n mens met hoendervel laat van die opwinding. ’n Orkes van 22 lede deel die verhoog met die sangers en die program open opwindend met liedjies uit The Phantom of the Opera. Die gehoor word verder bederf met bekende (gewilde)

Lees Meer »

Resensie: Loki Rothman en Albert Frost – Akoestiese kitaar

’n Mens hoef nie ’n kitaarmusiekliefhebber te wees om op dié kitaarduo verlief te raak nie. Loki Rothman en Albert Frost gebruik twee akoestiese kitare om ’n besonderse musiekproduksie aan te bied. Ná die afloop van die eerste liedjie, voorstellings en verwelkomings, neem Rothman die geleentheid om vir die gehoor te wys hoe die kitaar

Lees Meer »

Resensie: Koningin Lear

As jy jou ooit ’n wenspan kon indink, dan bestaan dit uit Tom Lanoye, Antjie Krog, Marthinus Basson en Antoinette Kellermann, André Roothman en nog meer. Maar alles begin by Shakespeare. Lanoye het sy dawerende tragedie King Lear herverbeel in ’n moderne opset, in die wêreld van groot monopoliekapitaal, met Lear ’n vrou – en

Lees Meer »

Resensie: Charl du Plessis – Solo

Oudergewoonte stap Charl du Plessis die konservatorium binne en trek dadelik los met twee aangrypende werke. Sy eerste solo-projek en -vertoning demonstreer opnuut sy vryehand vermoëns; die projek is ’n introspektiewe een. Die werke word ingelei met ’n bietjie agtergrond, maar ook kan ’n mens sien hoe Du Plessis hom laat meesleur deur die musiek.

Lees Meer »

Resensie: Laurika Rauch

Uit die donker neem Laurika agter die mikrofoon vorm aan. Sy dra swart en sy het ’n bandolier soos ’n klein generaal: Dis ’n hangverband vir haar arm ná ’n motorongeluk in Potchefstroom waarin sy haar skouer beseer het. Dawerende applous. Die gehoor is vir die duur van die vertoning in die holte van haar

Lees Meer »

Resensie: Sê groete vir ma

Uit stories waarmee Suid-Afrikaners hul kan vereenselwig leer die kyker vir Reghardt Roberts van Aswegen (Hannes van Wyk) ken. Daar word besin oor sekere sleuteloomblikke in Reghardt se lewe wat hom lei om ’n besluit te neem in ’n lewe-of-dood-situasie. Hy is ’n boerseun wat nie die troetelhoender, Knoop, wou nekomdraai toe slagtyd aanbreek nie.

Lees Meer »

Resensie: Amanda Strydom – Miss Mandy

Amanda Strydom – Miss Mandy voer die ouer gehoor terug na ’n vorige era in die vermaakbedryf en leer die van ons wat nie die vorige era kon meemaak nie baie oor Suid-Afrika en ons erfenis uit die teater. Daar is ’n versameling stories uit die tyd toe akteurs deur die veld getrek het om

Lees Meer »

Resensie: Koningin Lear

In die titaniese produksie Koningin Lear span ’n geselskap van akteurs saam om ’n verhaal van status en verraad aan te bied. Dié herverbeelding van Shakespeare se King Lear se teks kom uit die pen van Tom Lanoye en is verstommend vertaal deur Antjie Krog; die teks is poëties, dig en ryk, maar nie ontoeganklik

Lees Meer »

Resensie: Portret

’n Skone klankbaan van Magdalene Minnaar se loopbaan Die nimlike Magdalene Minnaar gee in Portret rekenskap van die werke wat haar deur haar loopbaan beïnvloed en gevorm het. Die liedjies word afgewissel met vertellings van hoe sy haar by tye moes hervorm, soms met Tori Amos, Radiohead en Nirvana, later Ava Cassidy en Joni Mitchell.

Lees Meer »

Resensie: ALTEmit A Capella

Die alt-register is ’n toeganklike een, maar die vier alte wat dié produksie opmaak is soveel meer as blote alte. In ALTEmit A Cappella word die sout-van-die-aarde-land wat Suid-Afrika vir die gehoor belig in ’n intieme teater, en dié is nie sommer enige a cappella-vertoning nie. Wat die vertoning sy eie kleur gee, is die

Lees Meer »

Resensie: Donkie

’n Tikkie nostalgie en die harde werklikheid Dit is onvermydelik om so klein bietjie nostalgies te voel wanneer ’n mens in die gehoor van Donkie sit. Die podium op die verhoog, die portrette van ou skoolhoofde weerskante teen die muur, en die geluid van ’n skoolklok wat die begin van die produksie aandui, sal enige

Lees Meer »

Resensie: Katvoet

Dié Tennessee trap te suutjies in die Bosveld Dis ’n familiefees, soos in Festen. Die skatryk, kwasterige patriarg (Marius Weyers) word 65, maar is sterwend aan kanker. Die swakkeling-seun en sy dragtige vrou sirkel soos aasvoëls. Albert Pretorius en Martelize Kolver skitter in hierdie tweedeviool-rolle. Weyers se pa-figuur is myns insiens nie oordonderend macho genoeg

Lees Meer »

Resensie: Keelvol

Net die kuur vir dié wat keelvol gewroeg is Hierdie stuk is verfrissend vir diegene wat moeg gewroeg is. Met soveel hartseer en somber aanbiedings op die spyskaart is ’n musikale komedie net die ding om ’n krul in jou stert terug te sit. Binnelanders-akteurs Germandt Geldenhuys en Je-ani Swiegelaar het dit self gekonseptualiseer en

Lees Meer »

Resensie: Non met vakansie

Op vakansie kan jy jouself vind ’n Katolieke non en ’n agnostiese sakeman ontmoet mekaar op ’n Portugese eiland en ontdek toevallig weens ’n belediging wat hy haar toesnou dat hul albei Afrikaans is. Die storie ontvou en kykers sal nie glo wat suster Magdalene en Michael (vertolk deur Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee)

Lees Meer »

Resensie: Die dinge van ’n kind

Soos ’n eerste soen wat warm én koud is Cintaine Schutte parkour in ’n emosionele landskap wat strek van wrewel na onskuld, van vrees na vergifnis. Haar dinamiese vertolking van Marita van der Vyver se karakters in die verhoogverwerking van Die dinge van ’n kind toon dié aktrise se waarlike vermoëns as verkleurmannetjie. Die hoofkarakter,

Lees Meer »

Resensie: Kamphoer – Die verhaal van Susan Nell

’n Verhaal wat die kyker verskrompel In hierdie verhaal is die weerklinkende “en toe… en toe… en toe…” sonder antwoord ’n soeke na woorde om ’n storie te vertel waarvoor daar nie woorde is nie. Die kul- en kronkelpaaie van die verhaal eggo steeds; die vuur van haar storie sal jou verskrompel. Sandra Prinsloo, onder

Lees Meer »

Resensie: Raak

Die huwelik se dans van hartstog, spyt en aggressie Opwindende jong teatermaker Kanya Viljoen se skokstuk tref die teiken. Die gehoor beleef die patologie van ’n huwelik. André kom tuis van ’n jagtog. Hy lyk soos ’n geslane hond en dra ’n geweer oor sy skouer. Jana staan apaties en koolslaai maak. Sy kreun, gryp

Lees Meer »

Resensie: Queenie-hulle

Die hoop binne ’n hulpelose situasie Queenie-hulle gee kykers ’n blik op vyf bergies se ervaring wanneer hulle op die vooraand van 2019 se nasionale verkiesing ’n kennisgewing kry dat hulle die Good Hope Centre, waar hulle tot dusver gebly het, moet ontruim. Alles is egter nie verlore nie, want die verkiesing hou die moontlikheid

Lees Meer »

Resensie: Die roadtrip

’n ‘Roadtrip’ wat jou tevrede huiswaarts laat keer Die roadtrip bied ligte vermaak wat die gehoor laat lag en hulle koppe laat skud vir die lawwigheid van twee ou universiteitsmaats, Jaco en Belarus, wat onderskeidelik deur Brendon Daniels en Waldemar Schultz gespeel word. Twintig jaar nadat hulle klaar studeer het, is hulle steeds vriende en

Lees Meer »

Resensie: CH2 & The Fire Gypsies en Die Montoya Spaanse Dansers

Vonke, Flamme en Vreugde As jy iemand is wat hou van pret en goeie musiek is hierdie die produksie vir jou. CH2 & The Fire Gypsies en die Montoya- Spaanse Dansers is ’n avontuur op die verhoog. Die twee kitaarspelers, Corneille Hutten en Dirkie van Staden, neem tydlose treffers soos Tussen treine, Vyfster Hotel California

Lees Meer »

Resensie: Die voordele van eierwit

’n Oomblik van stilte én vermaak in die gejaagdheid Elna is ’n ambisieuse eiendomsagent. Ansie is ’n Afrikaans-onderwyseres. Terwyl die twee middeljarige sussies hul pa se kosbaarste besittings in sy woonstel op die 14de verdieping inpak en stuk-stuk na ’n versorgingseenheid trek, gaan staan die hysbak en sommer vinnig handel die gesprek oor kwessies wat

Lees Meer »

Resensie: Tien duisend ton

Die mens dra swaar aan sy keuses Tien duisend ton. Die gewig van ’n mens oor sy leeftyd. Tien duisend ton se CO₂. Cintaine Schutte en Albert Pretorius speel die rolle van ’n jong, ongetroude paartjie wat daaroor wroeg om ’n kind te hê. Hulle wroeg oor die gewig van die kind op hul lewe,

Lees Meer »
Scroll to Top