
Hallo daar!
Oor bietjie meer as ses maande fees ons almal saam!
Om die ervaring van elke feesganger onvergeetlik te maak, gebeur daar baie dinge voor en agter die skerms en ons deel graag van die hoogtepunte met julle hier, in die Maart-uitgawe van Momentum Aardklop Klop Klets.

Goeie nuus! Vir die afgelope drie jaar was Momentum Beleggings die naamborg van ons pragtige fees. In 2025, is die hele Momentum-groep aan boord – ons maak met opwinding ons nuwe ooreenkoms bekend…
2025 Momentum Aardklop – Die Kuns van Fees!
**Ons gesels binnekort met die Uitvoerende Hoof van Momentum – Jeanette Marais – om meer uit te vind oor waar hierdie besluit ‘n logiese volgende stap was en waarna ons kan uitsien. Kyk uit vir skakels na die gesprek op ons sosiale media platforms.

Fone lui, WhatsApp kennisgewings biep en gesprekke vind plaas. Die program neem vorm aan en jy kan gerus wees: Momentum Aardklop sal vanjaar weer meer as voldoende wees vir jou jaarlikse dosis mediKUNSie.


