Die program is hier – kom vang saam FEESgees!

Dagsê, ’klopper! Genugtig, die tyd vlieg. Net anderdag nog het ons die feesdatums vir 2025 se Momentum Aardklop aangekondig (7-12 Oktober, en 7-11 Oktober vir die feesterrein, ingeval jy vergeet) en nou is die program ook met groot fanfare bekendgestel! Vanjaar se bekendstelling was ’n moewiese lekkerte – letterlik. Ons...

Read More

Dis g’n fopnuus dié nie

Dagsê ’klopper Die wêreld gons oor KI, en sien is al hoe minder glo wanneer dit by die interwebs kom. Maar daar’s een ding wat nooit KUNSmatig sal wees nie: Momentum Aardklop. Ondanks die spoed waarteen oëverblindery die laaste paar jaar ontwikkel het, is daar steeds niks wat kan kers...

Read More

Momentum Aardklop: Kloppetie-klop-klop!

Dis gewoonlik hierdie tyd van die jaar wat getroue feesgangers begin vra vir meer detail oor wat hulle by vanjaar se fees kan verwag. Dis ook die tyd van die jaar wat ons die aap, toontjie vir toontjie, uit die mou kan laat en ’n paar hoogtepunte bekend maak. Die...

Read More

Klop-klop, Kuns gerus binne!

Hallo daar! Oor bietjie meer as ses maande fees ons almal saam! Om die ervaring van elke feesganger onvergeetlik te maak, gebeur daar baie dinge voor en agter die skerms en ons deel graag van die hoogtepunte met julle hier, in die Maart-uitgawe van Momentum Aardklop Klop Klets. Goeie nuus!...

Read More

Die Kuns van Fees

’n Hartlike Hallo! Kom ons val sommer met die fees in die huis. Hierdie jaar waardeer Aardklop die kuns om te fees. Kreatiwiteit, kultuur, kuier en ’n gevoel van behoort sal seëvier en feesvier waar die Mooirivier, wilgerbome en sale vol liefhebbers van die kunste bymekaar kom. Aardklop 2025 gaan...

Read More

Wenners, wenners, wenners! 🏆🏅 KLOP KLETS, November 2024

Dagsê ’klopper! Net toe jy wil-wil van ons vergeet, maak ons nog vir oulaas in 2024 ’n draai in jou inboks. Ons het nuus – die wenners van vanjaar se Momentum Beleggings Aardklop-toekennings is pas bekend gemaak! En omdat ons van jou hou, laat ons jou sommer eerste weet. Almal...

Read More

Kyk noord en fees voort 🥳 KLOP KLETS, Oktober 2024

Dagsê ’klopper! In die onsterflike woorde van The A-Team se Hannibal: “I love it when a plan comes together.” En vanjaar het die planne weer seepglad bymekaar gekom vir ’n Aardklop-fees wat geloop het soos stroop.Soos een geesdriftige feesganger gesê het: “Julle is die beste in die land. Ek was...

Read More

Vasbyt, min dae! KLOP KLETS, September 2024

Dagsê ’klopper! Ons vingerpunte tintel skoon van opwinding hier op Potch, want nie net is 24 September Nasionale Erfenisdag (ook bekend as Braaidag) nie, dit is ook wanneer Aardklop 2024 begin. Tot 29 September word daar geëet, gekuier, gekyk, gedink, gesels en gekunstefees dat die stof so staan.Vreugde is iets...

Read More

Hol-la-drie-hoo-ha! 🌻 KLOP KLETS, Augustus 2024

Dagsê ’klopper! Jammer oor die oorgeesdriftige uitroepteken (!), maar dit was ’n lang, koue winter en ons is geweldig opgewonde oor die belofte van lente.In die noorde is die dae al warmer, die Augustus-winde is hopelik oorgewaai, en nou wag ons op die somerreën.In die suidelike halfrond is 1 September...

Read More
Scroll to Top