2023 Feesterrein: Inligting

Ons feesterrein op die oewer van die Mooirivier bied samesyn, gehalte kos- en kunsvlyt met vermaak vir die hele gesin.
Veilige en lekker naby parkering is beskikbaar, vanaf die Hennie Bingle straat ingang.

3–7 Oktober 2023, 09:00 tot 21:00 daagliks.
Die terreinkroeg sal 11:00 tot 23:00 oop wees.
Toegangskaartjies: www.ticketpros.co.za, Aardklopkantoor by The Roots, of by die ingangshekke tydens die fees.
GEEN KONTANT sal by die ingangshekke aanvaar word nie.
Dagkaartjies: R50
Weekkaartjies: R150
Kinders o.12: Gratis
Kinderspeelarea: R120, indien terreintoegang reeds betaal is en toegang tot speelarea later betaal word, sal dit ’n ekstra R120 beloop en word die R50 toegangsfooi verbeur.
Geen vuurwapens en diere (behalwe gidshonde) word op die feesterrein toegelaat nie.
Die program is onderhewig aan verandering.

Terreinverhoog

Scroll to Top