dae
ure
minute

Die Feesteforum verstaan en erken dat sistemiese rassisme en diskriminasie bestaan en dat dit op komplekse wyses uitspeel in gemeenskappe. Dit is inherent deel van die Suid-Afrikaanse storie, en raak byna alle gemeenskappe op makro- en mikrovlak. Kunstefeeste is ‘n integrale deel van die poging om hierdie ongelykhede, marginalisasies en onderdrukking van sekere groepe, aan te spreek. As Feesteforum is dit deel van ons missie om kunstenaars en gehore byeen te bring om oop, veilige en kreatiewe platforms te skep vir vrye en diverse artistieke uitdrukking. Ons is verbind tot inklusiewe programmering en die aanbied van werk wat die stories van verskeie gemeenskappe vertel, en ook die skep van geleentheid vir diskoers wat die gebreke aanspreek. Daarom is ons verder verbind tot die ontwikkeling van gehore wat inklusiwiteit en diversiteit as prioriteite beskou, en nooi u as feesganger uit om hierdie waardes te omarm, maar ook aktief die fees as ‘n geleentheid te beskou om by ons aan te sluit in die stryd teen ongelykheid en rassisme. Saam kan ons ‘n gemeenskap van diverse mense skep wat verskille omarm en daardeur ook mekaar vier. Soos die kunste vir ons die weg aanwys. 

Scroll to Top