Word 'n Momentum Aardklop Hartsvriend
Aan ou en nuwe vriende en ondersteuners: Baie dankie vir elke kaartjie wat jy al gekoop het om die fees en die kunste te ondersteun. Ons glo dat elke teaterervaring jou lewe verryk.
Soos elke jaar, verfyn ons die Hartsvriende-konsep, ten einde vir jou die beste voordele moontlik te bied!
- Lidmaatskap is in die vorm van ’n jaarlikse skenking en help ons om te verseker dat ons vir die kunste die nodige platform bied, dit ontwikkel en ’n toekoms skep.
- Die minimum skenking is R600 en is geldig vir die tydperk van 22 Mei 2026 tot 4 Oktober 2026. Ons hoop natuurlik dat jy dit in jou hart sal vind om die minimum bedrag effe te oorskry!
- Dit is moontlik om dwarsdeur die jaar aan te sluit, met lidmaatskap wat vir die bogenoemde tydperk geldig sal wees.
Voordele
Momentum Aardklop: 29 September tot 4 Oktober 2026
- Ontvang die feesprogram voordat dit bekend gestel word aan die algemene publiek.
- Koop Aardklop-kaartjies teen afslagpryse.
- Koop kaartjies voordat verkope amptelik open.
- Toegewyde parkeerplek naby die feesterrein.
- Word op hoogte gehou van alle Aardklop-nuus, -gebeure en -projekte.
- Stem vir jóú gunsteling-produksie vir die Aardklop Hartsvriende-prys.
Nuwe voordele:
- Ontvang ’n eksklusiewe feessakkie met toegang tot en toegewyde parkeerplek op die feesterrein.
- Eksklusiewe afslag, insluitend 25%-afslag op jou koffie en/of sny koek by Bake House Potchefstroom, en 10%-afslag op jou rekening by Julia’s Restaurant wanneer jy R500 of meer bestee.
Hoe word jy ’n Hartsvriend van Momentum Aardklop?
Voltooi die aansluitingsvorm hier.
Die minimum skenking is R600 en is geldig vir die tydperk van 22 Mei 2026 tot 4 Oktober 2026.
Ons sien uit daarna om hierdie projek saam met jou suksesvol van stapel te stuur!
Hartsvriend aansluitingsvorm
Bankbesonderhede
Bank: Absa (tjekrekening)
Rekeningnaam: Potchefstroom Kunstefees NPC
Rekeningnommer: 4089694919
Takkode: 632005
Gebruik asb. “Hartsvriend” met jou naam en van as verwysing
Stuur asb. ’n bewys van betaling aan Steven Ahumada, en kontak hom vir enige navrae.
E-pos: steven@aardklop.co.za
