Word 'n Momentum Beleggings Aardklop Hartsvriend
Aan ou en nuwe vriende en ondersteuners: Baie dankie vir elke kaartjie wat jy al gekoop het om die fees en die kunste te ondersteun. Ons glo dat elke teaterervaring jou lewe verryk.
Ons stel hiermee graag ons nuwe verfynde Hartsvriende-konsep bekend!
- Lidmaatskap is in die vorm van ’n jaarlikse skenking en help ons om te verseker dat ons vir die kunste die nodige platform bied, dit ontwikkel en ’n toekoms skep.
- Die minimum skenking is R500 en is geldig vir ’n tydperk van 12 maande (1 Junie 2023 tot 30 Junie 2024). Ons hoop natuurlik dat jy dit in jou hart sal vind om die minimum bedrag effe te oorskry!
- Dit is moontlik om dwarsdeur die jaar aan te sluit, met lidmaatskap wat vir die bogenoemde tydperk geldig sal wees.
Voordele
Momentum Beleggings Aardklop: 3-8 Oktober 2023
- Ontvang die feesprogram voordat dit bekend gestel word aan die algemene publiek.
- Koop Aardklop-kaartjies teen afslagpryse.
- Koop kaartjies voordat verkope amptelik open.
- Toegewyde parkeerplek naby die feesterrein.
- Ontvang ’n feessakkie en akkreditasie as Hartsvriend.
- Word op hoogte gehou van alle Aardklop-nuus, -gebeure en -projekte.
- Stem vir jóú gunsteling-produksie vir die Aardklop Hartsvriende-prys.
Aardklop Aubade
- Koop Aardklop Aubade-kaartjies wat maandeliks aangebied word teen afslagpryse.
- Word op hoogte gehou van alle Aardklop Aubade-nuus, -gebeure en -projekte.
Aardklop Pronk Podium
- Ontvang ’n uitnodiging na die semi-finaal en finaal wat jaarliks aangebied word.
Hoe word jy ’n Hartsvriend van Momentum Beleggings Aardklop?
Voltooi die aansluitingsvorm hier.
Die minimum skenking is R500 en is geldig vir ’n tydperk van 12 maande (1 Junie 2023 tot 30 Junie 2024).
Ons sien uit daarna om hierdie projek saam met jou suksesvol van stapel te stuur!
Hartsvriend aansluitingsvorm
Bankbesonderhede
Bank: Absa (tjekrekening)
Rekeningnaam: Potchefstroom Kunstefees NPC
Rekeningnommer: 4089694919
Takkode: 632005
Gebruik asb. “Hartvriend” met jou naam en van as verwysing
Stuur asb. ’n bewys van betaling aan Jacinda Doinet, en kontak haar vir enige navrae.
E-pos: [email protected]