Momentum Aardklop: Kloppetie-klop-klop!

Dis gewoonlik hierdie tyd van die jaar wat getroue feesgangers begin vra vir meer detail oor wat hulle by vanjaar se fees kan verwag. Dis ook die tyd van die jaar wat ons die aap, toontjie vir toontjie, uit die mou kan laat en ’n paar hoogtepunte bekend maak.

Die Afrikaanse vermaaklikheidswêreld spog met uiteenlopende talent en ons is opgewonde om van die volgende kunstenaars vanjaar op verhoë oral oor in die pragtige Potchefstroom te kan verwelkom.

Produksies en ander lekker dinge waarna feesgangers kan uitsien sluit in:

  • Athol Fugard se Boesman en Lena met Lee-Ann van Rooi, Brendon Daniels en Wiseman Sithole
  • NATANIËL + CHARL: 25
  • Reünie met Frank Opperman
  • Ouma is op pad met Margit Meyer-Rödenbeck
  • The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder met Amanda Strydom
  • Die immergewilde gespreksreeks by die ATKV-Boeke-oase by The Roots

Frank Opperman – Reünie

Amanda Strydom – The Incredible Journey of Tinkerbell van Tonder 

Margit Meyer-Rödenbeck – Ouma is op pad

Soos elke ander jaar gaan die program op die terreinverhoog allerlei bekende name insluit en kan jy uitsien na ’n groot bederf! Die lysie van kunstenaars word al langer, met onder andere:

  • Prime Circle
  • Early B
  • Elandré
  • Bernice West
  • Droomsindroom
  • Die Heuwels Fantasties

Droomsindroom

Bernice West

Die Heuwels Fantasties

Ons stel die volledige feesprogram in Junie aan die publiek bekend. Oudergewoonte gaan Hartsvriende ’n paar dae voor die res van die publiek kaartjies kan koop teen ’n verlaagde prys.

Besoek hartsvriende vir meer inligting oor hoe jy ’n Hartsvriend kan word, wat onder meer ook voordele soos toegewese parkering naby die feesterrein insluit.

Momentum Aardklop word vanjaar vir die 27ste keer aangebied. Daar is rolspelers wat die lang pad saam stap of diep spore gelos het. Ons het gaan inloer by van hulle om te hoor wat die fees vir hulle uniek maak.

Skryf die datums 7-12 Oktober (7-11 Oktober vir die feesterrein) in jou dagboek en kom maak jou eie herinneringe by Die Kuns van Fees – Momentum Aardklop 2025.

Groete!

#MomentumAardklop2025 #DieKunsVanFees

Scroll to Top