Amanda Strydom vertel as Nella Petersen die aangrypende storie van ’n weeskind se omswerwinge en soeke na haar komvandaan in hierdie moderne sprokie met baie kinkels en kabels. Die kind se regte naam was Isabella Dolorosa van Tonder, maar haar Granny het gesê Bella is ’n bok se naam en Dolorosa is gans te fênsie vir ’n fairytjie, toe roep sy haar altyd Tinkerbell of Tinkie. “Life is a journey, wie’s djy nou om die transport te question?” Strydom vertolk ’n horde karakters in hierdie mini-musiekblyspel, geanker in ons grond. Die produksie is bekroon met die Woordtrofee vir beste prestasie in kontemporêre musiekteater by 2024 se Woordfees.
Met: Amanda Strydom en Coenraad Rall
Teks, regie en stelontwerp: Amanda Strydom
Beligtingsontwerp en musiekregie: Coenraad Rall
Teksmedewerkers: Ismail Mahomed, Frazer Barry, Jacques Avril du Toit, Ilse Klink en Saartjie Botha
Totius-saal
Musiekteater
Meertalig
Geen o.13 (T)
70 min.
9 Okt. 10:00
10 Okt. 19:30
11 Okt. 13:00
R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)