Van kleintyd vind Jaco ’n sielsgenoot en denkbeeldige vriend in Elvis. Elvis word ’n toevlug wanneer enige uitkoms onmoontlik blyk te wees. Jaco se lewe word ’n ontdekkingsreis van raakpunte tussen hom en Elvis. Die onvergeeflike gebeur op Oukersaand. Jaco ontgin kwelpunte wat tot op die been sny. Bring roem kwytskelding? Is daar vergifnis, selfs vir Jaco? Is daar werklik ’n hiernamaals. Is ons toekoms “gerekenaar”?
Bekende liedjies van Elvis soos “Love Me Tender”, “Can’t Help Falling in Love” , “Fever” en vele ander word, word aangebied soos nog nooit vantevore nie. Die narratief van die stuk word ook ondersteun deur liedjies uit André Schwartz se eie pen. Dit is by die KKNK vir ’n Kanna benoem vir beste musiekaangedrewe produksie.
“Maak jou gereed om deur diep water te waad en effens oorbluf die teater te verlaat.” – Mariana Malan
Met: André Schwartz
Teks: André Schwartz en Robert Kruger
Regie: Saartjie Botha
Stelontwerp: Edward van den Berg
Vervaardiger: André Schwartz
Totius-saal
Musiekteater
Afrikaans en Engels
Geen o.13 (T)
65 min.
10 Okt. 10:00
11 Okt. 16:00
R210, R190 (Hartsvriende, pensioenarisse)