Wings of Light: Dance of an Angel

Mauritz Lotz se nuwe musiekkomposisie vir ballet en kontemporêre dans het vanjaar by die Suidoosterfees gehore in verwondering gelaat. Die produksie van Wings of Light: Dance of an Angel sluit twee ongelooflike gevestigde dansgeselskappe in – Figure of 8 Dance Theatre en Jozi Youth Dance Company. Die musiek, wat in 2020 gekomponeer is, kan beskryf word as ’n “hibriede” werk vir moderne kontemporêre instrumente, orkes en koor. Dit is ’n boeiende en eteriese dansproduksie wat die transformerende reis van ’n engel ondersoek, wat vasgevang is tussen die goddelike en die aardse sfeer. In hierdie driedelige kort dansproduksie word daar beweeg van die hemelse ryk, waar lig en harmonie heers, na die chaos en skoonheid van die aardse wêreld. Die dans vertel ’n storie van genade, weerloosheid en verlossing.

Deur ’n betowerende mengsel van kontemporêre en klassieke dans bring Wings of Light: Dance of an Angel ’n dans van transformasie – ’n herinnering dat daar selfs in oomblikke van ’n neerdaling skoonheid, lig en die potensiaal van ’n hergeboorte is.

Met: Figure of 8 Dance Theatre en Jozi Youth Dance Company 
Choreografie: Grant van Ster en Shaun Oelf van Figure of 8 Dance Theatre
Vervaardiger: Figure of 8 Dance Theatre
Moontlik gemaak deur: Development Suidoosterfees 
Momentum Aardklop-speelvak moontlik gemaak gemaak deur: Momentum Aardklop

Ouditorium

Dans
Gesin
25 min.

9 Okt. 19:30
10 Okt. 10:00

R90, R70 (Hartsvriende, pensioenarisse)
R60 (studente, leerlinge)

Scroll to Top