Alfred Adriaan: Positive Strokes

Maak reg vir ’n lagmarathon met Alfred Adriaan se splinternuwe vertoning, Positive Strokes. Hierdie Suid-Afrikaanse komediesensasie, wat oral oor sale volpak, is reg om jou lagspiere te prikkel met sy unieke kyk op die lewe. Resensente loof Alfred vir sy “unapologetically hilarious” (IOL) vertonings, “sharp wit” (The Citizen) en sy “relatable comedy that hits home” (Cape Town Magazine). 

In Positive Strokes bekyk Alfred die wonderlike, verwarrende wêreld van vaderskap sonder om doekies om te draai en hy sy eie ouerskapstyl met dié van sy ouers s’n vergelyk. Hy neem jou op ’n nostalgiese reis deur sy kinderjare en verken die wilde dinamika binne ’n familie, van broers en susters tot niggies en nefies. Of jy nou op soek is na die perfekte uitstappie vir ’n afspraak of jou ma wil bederf, Positive Strokes beloof ’n aand van uitbundige lag sowel as hartroerende insigte. Moet dit nie misloop nie – dit sal vir seker nóg ’n uitverkoopte treffer wees! 

Met: Alfred Adriaan
Regie, stelontwerp en produksiebestuur: Alfred Adriaan
Verhoogbestuurder: Eric Jansen

Ouditorium

Komedie en Skerpskerts
Afrikaans en Engels
Geen 0.14 (OB)
80 min.

8 Okt. 19:00

R180, R160 (Hartsvriende), R130 (Studente, Leerlinge)

Scroll to Top