Hospitale, kateters en familielede

Gedeelde badkamers, ’n alewige geraas, buisligte wat permanent brand, skerp reuke wat ander reuke probeer verdoesel, kieme wat aan alles vasklou en die vriendelike kombuispersoneellid wat jou probeer oortuig jy bestel van ’n uitstaande à la carte-spyskaart af… Hospitale, kateters en familielede is ’n skreeusnaakse, absurde komedie wat almal wat al ooit iets met ’n hospitaal te doen gehad het, sal laat skaterlag en soms ’n traan laat wegpink. Veertien karakters vertel hul eie stories oor prosedures, verhoudings en familie soos net in ’n hospitaal opgedis kan word. Saam voer hulle ’n stryd in wat amper na ’n hopelose situasie lyk… Tog is daar iets om te ontdek en te leer by ander: Diegene wat saam met ons deur ons donkerste ervarings gaan, word tog ons beste vriende… of dalk nie. Kom ontmoet die verpleegsters, dokters, pasiënte en familielede en selfs ’n worshond, wat almal deel is van ’n eg Suid-Afrikaanse skaterlag-storie. 

Met: Wynand van Vollenstee, Thiart Li, Stephanie Baartman en Marissa Claasen
Teks, regie en stelontwerp: Wynand van Vollenstee
Beligtingsontwerp: Yvette Hanekom
Kostuumontwerp: Hollywood Costumes
Verhoogbestuurder: Martin Breedt en Yvette Hanekom
Vervaardiger: That’s Freakin Nice Produksies en Innibos Nasionale Kunstefees
Produksiebestuurder: Martin Breedt

Ouditorium

Komedie
Afrikaans
Geen o.13 (T)
75 min.

11 Okt. 09:30 & 19:00

R200, R180 (Hartsvriende)

Scroll to Top