Verwelkingslied

In Breyten Breytenbach se laaste toneelstuk word ons op reis geneem deur die meester wat homself by sy eie begrafnis voorstel. Breyten tree hier in ’n bewussyn-verruimende asook intieme gesprek met ’n ou verhoogaktrise. Vir oulaas wil hy álles opweeg – maar kan die ou aktrise sy laaste woorde na waarde vertolk? Verwelkingslied is Breyten se ontroerende swanesang, wat kort voor sy dood in 2024 vir die Suidoosterfees geskryf en opgedra is aan Antoinette Kellermann en Marthinus Basson. 

Met: Antoinette Kellermann en Dawid Minnaar 
Teks: Breyten Breytenbach
Verwerking: Tessa Louw
Regie en stelontwerp: Marí Borstlap
Beligtingsontwerp: Faheem Bardien
Verhoogbestuurder: Amber Fox-Martin
Komponis, klankbaan en oorspronklike musiek: Wilken Calitz
Moontlik gemaak deur: ’n Ko-produksie van die Suidoosterfees en Momentum Aardklop; moontlik gemaak deur NATi & Het Jan Marais Nationale Fonds

Elgro Hotelsaal

Drama
Afrikaans
Geen o.12 (T)
80 min.

7 Okt. 09:30
8 Okt. 19:30
9 Okt. 09:30
10 Okt. 14:00
11 Okt. 14:30

R220, R200 (Hartsvriende)

Scroll to Top