Music from the Silk Road countries

Reimagined by 20th century composers

Hierdie program neem die luisteraar op ’n verbeeldingryke en eksotiese reis deur verskeie lande van die antieke syroete – ryk in kleure, teksture en styl, net soos ’n pragtige, verwikkelde geweefde towertapyt. Die program begin met ’n eenvoudige, tradisionele Chinese werk en sluit werke van Persië, Indië, Kazakstan, Turkye, Georgië en Armenië in. Die syroete het in die noord-sentrale gebied van China begin. ’n Karavaanpad het na die weste gestrek, al langs die Groot Muur van China, oor die Pamir-bergreeks, deur Afghanistan na Turkye. Sommige roetes het deur Persië en gedeeltes van Indië gegaan en ander deur Armenië en Georgië oor die Kaukasus-bergreeks. Die syroete het oor sowat 6 400 km gestrek.

Met: Berthine van Schoor (tjello) en Megan-Geoffrey Prins (klavier)
Vervaardiger: Berthine van Schoor 

NG kerk Vyfhoek

Klassiek
Gesin
75 min.

7 Okt. 17:00
8 Okt. 10:00

R190, R170 (Hartsvriende)

Music from the Silk Road countries

Reimagined by 20th century composers

This programme takes the listener on an imaginative and exotic journey through various countries along the ancient Silk Road — rich in colour, texture, and style, much like a beautifully woven magical carpet.

The performance begins with a simple, traditional Chinese piece and includes works from Persia, India, Kazakhstan, Turkey, Georgia, and Armenia. The Silk Road originated in the north-central region of China. A caravan route stretched westward along the Great Wall of China, across the Pamir mountain range, through Afghanistan, and into Turkey. Some routes passed through Persia and parts of India, while others traversed Armenia and Georgia, crossing the Caucasus Mountains. In total, the Silk Road spanned approximately 6,400 kilometres.

Featuring: Berthine van Schoor (cello) and Megan-Geoffrey Prins (piano)
Producer: Berthine van Schoor

Scroll to Top