Nataniël vier die publikasie van sy boek, SWEETIE, met sy skoolvriendin, medestudent, medekunstenaar en medestorieverteller, Marion Holm. Dié twee is al vir meer as veertig jaar in gesprek, ken mekaar soos hulle eie siele en verras mekaar steeds. Marion is ook die enigste persoon op aarde wat Nataniël kan stilpraat, heeltemal upstage en perfek naboots.
Kom beleef hierdie unieke, diepe, eerlike, luidrugtige, baldadige, roerende, intieme en skreeusnaakse gesprek. Dit vind plaas binne die fees se ATKV-Boeke-oase en Exclusive Books. Slegs 200 sitplekke is beskikbaar – wie kry ’n sitplek? Enigeen wat ’n kopie van die nuwe boek kan wys! Herdie boek is ’n hele week vooraf landwyd beskikbaar, ook by die twee vertonings van NATANIËL + CHARL: 25, ook by die deur. Onmisbaar. ’n Heerlike boek, ’n heerlike dialoog, ’n dekades-lange vriendskap, hope talent, hope ervaring, skaamtelose volume!
Deure open 30 minute voor die tyd, boeke is buite te koop!
Die boekwinkel sal tydens hierdie sessie gesluit wees.
ATKV-Boeke-oase, The Roots
Gesprekke
Gesin
60 min.
8 Okt. 15:30
Gratis